1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Bernard Stiegler se teologie van skrif en die disoriëntasie van Westerse moderniteit : geesteswetenskappe

 

Abstract

In hierdie artikel word die breë argument van Bernard Stiegler se tweede vername werk, band twee van sy -trilogie (1994, 1998, 2001), in Engels vertaal as , ontleed. Dit volg op my artikel oor band een van die trilogie (Rossouw 2014). Waar Stiegler se tegnoantropologie in band een van sy -trilogie in voorgenoemde artikel behandel is, word in hierdie artikel ingegaan op hoe hy in die lig van sy tegnoantropologie in band twee meer toegepas te werk gaan om 'n diagnose van die patologieë van die Westerse moderniteit en sy eerste gedagtes oor 'n kuur te gee. In die proses word stilgestaan by 'n aantal sleutelkonsepte van Stiegler, insluitend skrif, die ortografiese epog, ortotese en meer. Vervolgens word my kritiese argument teen Stiegler, waarvolgens sy filosofie 'n tegnoteologie geskoei op die herbewerking van (Christelike) teologiese motiewe is, in veel groter besonderhede in hierdie artikel as in die eerste artikel ontwikkel, spesifiek deur aan te voer dat Stiegler 'n teologie van skrif beoefen. Deur dan sodanige herbewerkings in hierdie artikel aan te dui, poog ek om aan te toon dat sy filosofiese diskoers gelegitimeer word deur 'n herbewerking van dieselfde (Christelike) teologiese motiewe wat dit na bewering kritiseer as deel van die sogenaamde metafisika. Hiermee word aansluiting gevind by die skool van die teologies-filosofiese kritiek op die Westerse moderniteit waartoe denkers so uiteenlopend as Leo Strauss, Eric Voegelin, Karl Löwith, Ivan Illich, Charles Taylor, John Milbank en andere bygedra het.


In this article the broad argument of Bernard Stiegler's second important book, volume 2 of his trilogy (1994, 1998 and 2001), translated into English as , is analysed. It follows on my article on volume 1 of the trilogy (Rossouw 2014). Where Stiegler's techno-anthropology in volume one of his trilogy was considered in the aforementioned article, this article considers how in the second volume, in the light of his techno-anthropology he goes about giving a diagnosis of the pathologies of Western modernity, as well as his first thoughts on a cure for its ills, in a more applied fashion. In the process a number of Stiegler's key concepts, including writing, the orthographical epoch, orthothesis and more are considered.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/3/EJC164191
2014-12-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error