1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die Suid-Afrikaanse regstaat na twintig jaar : gekonsolideer of besig om in outoritarisme te verval? : geesteswetenskappe

 

Abstract

Die vraag op talle Suid-Afrikaners se lippe met die viering van die 20ste bestaansjaar van Suid-Afrika as demokratiese regstaat is of die betrokke staat as gekonsolideer beskou kan word of besig is om in outoritarisme te verval. Daar gaan bykans geen dag verby dat hierdie tema nie in die media onder die loep geneem word nie. Opvallend is egter dat die menings wat geuiter word, hemelsbreed verskil. Gebaseer op uitsprake wat gemaak word, kan twee denkskole onderskei word. Aan die een kant is daar die regstaat-optimiste vir wie die beginsels waarop die Suid-Afrikaanse regstaat in 1994 geskoei is, steeds toegepas word en gevolglik as gekonsolideer beskou kan word. Vir hierdie Suid-Afrikaners word die oppergesag van die grondwet steeds deur owerheid en onderdaan aanvaar en gerespekteer; geld regsoewereiniteit; is magskeiding 'n realiteit; word menseregte beskerm; is demokrasie 'n werklikheid; en is regeringsoptrede meetbaar, voorspelbaar en berekenbaar. In skrille kontras is daar die regstaat-pessimiste. Vir hierdie denkskool is Suid-Afrika weliswaar as regstaat gevestig en is beslag daaraan gegee deur die Mandela-regering. Met sy opvolgers aan die stuur van sake het die prentjie egter verander en is die regstaat besig om geleidelik in outoritarisme te verval. Aanduidend hiervan is die miskenning van en kritiek op die oppergesag van die grondwet; dwarsboming van die gereg; magskonsentrasie in die uitvoerende gesag; voortgesette wetgewende-uitvoerende aaneenskakeling; die afwesigheid van toestande noodsaaklik vir demokrasie; selektiewe beskerming van menseregte; arbitrêre optrede deur die uitvoerende gesag; en beperkte regterlike kontrole. In hierdie artikel word die werklike stand van sake ontleed. Die werkswyse is om eers die konsep en verwante konsepte te verduidelik; om dan, tweedens, die kenmerke of eienskappe tiperend van 'n regstaat aan te toon; derdens, om aan te toon dat Suid-Afrika inderdaad as volwaardige regstaat in 1994 gevestig is; vierdens, om te bepaal tot welke mate hedendaagse Suid-Afrika steeds as 'n regstaat beskou kan word of besig is om in outoritarisme te verval; en dan, laastens, om gevolgtrekkings te maak rakende die aansprake van die onderskeie denkskole.

Uppermost in the minds of many South Africans as they celebrate the country's 20th year of existence as an inclusive democracy based on the values of human dignity, equality, human rights, non-racism, non-sexism, universal adult suffrage, regular elections, multipartyism, responsivity and openness is the question whether the "bold experiment" embarked upon in 1994 can be regarded as successful or not. Especially in view of the fact that the originators of the new constitution made the decision to deviate radically from previous constitutional models in the direction of a constitutional state, the question that dominates the current debate is whether this constitutional state can be regarded as consolidated or if it is, as is so often the case elsewhere on the African continent, gradually degenerating into authoritarianism.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/3/EJC164196
2014-12-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error