1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die Suid-Afrikaanse konsertpianis Steven DeGroote, die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die Koue Oorlog : geesteswetenskappe

 

Abstract

Steven DeGroote is een van die suksesvolste pianiste wat Suid-Afrika nog opgelewer het. Hy is die enigste Suid-Afrikaner wat tot op hede daarin kon slaag om die Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie se gesogte eerste prys te verower. As sodanig is hy 'n belangrike figuur in die Suid-Afrikaanse musiekgeskiedenis. DeGroote se onverwagte afsterwe op die jeugdige ouderdom van 36 jaar het egter 'n voortydige einde aan 'n ontwikkelende loopbaan gebring. Gevolglik is hy steeds vir vele Suid-Afrikaanse musiekliefhebbers onbekend. Die doel van hierdie artikel is om Steven DeGroote se deelname aan en sege in die 1977 Van Cliburn Internasionale Klavierkompetisie en die ontwikkeling van sy loopbaan in die lig van die Koue Oorlog tussen die Weste en die Ooste van naderby te beskou. Die navorsingsontwerp van hierdie ondersoek kan beskryf word as 'n kwalitatiewe historiese benadering tot die daarstelling van 'n chronologiese tydlyn en die verskaffing van 'n moontlike verklaring vir hierdie gebeure (Leedy en Ormrod 2010:164; Mouton 2001:170). Dit het na vore gekom dat alhoewel Koue Oorlog-agendas nie 'n wesenlike invloed op die uitslag van die 1977-Van Cliburn-kompetisie en DeGroote se loopbaan daarná gehad het nie, dit wel teenwoordig was in voorkeure aangaande nasionalistiese musikale stereotipes - soos verpersoonlik deur die Russiese Aleksander Toradze en Joeri Egorof, en die Amerikaanse Jeffrey Swann - onder die Van Cliburn-stigting-organiseerders en -beoordelaars en die publiek. Daar is verder verskeie buitemusikale faktore geïdentifiseer wat die oorsaak was vir die negatiwiteite wat DeGroote gedurende die vroeë jare van sy loopbaan ervaar het. Die belangrikste hiervan is DeGroote se Suid-Afrikanerskap in die apartheidsera wat veroorsaak het dat talle invloedryke musiekbedryffigure en -instansies hul steun aan hom onttrek het.

Steven DeGroote is one of the most successful pianists to have emerged from South Africa. His international reputation rests largely on the fact that he won first prize in the Van Cliburn International Piano Competition (in 1977); the only South African to date to have achieved this feat. As such he is an important figure in the music history of South Africa. His untimely death at the age of 36, however, brought an unexpected end to a developing career. Consequently he is still unknown to many South African music lovers. Nearly no literature exists to keep the memory of DeGroote's achievements alive and the available material regarding his Van Cliburn win constitutes only bare facts and no deeper insights. The aim of this article is, therefore, to examine Steven DeGroote's participation and win in the 1977 Van Cliburn Competition and the consequent development of his career; all within the context of the Cold War.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/3/EJC164197
2014-12-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error