1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Voeging en skeiding van beskuldigdes in strafverhore : prosessuele onderskeid tussen die Child Justice Act 75 van 2008 en die Strafproseswet 51 van 1977 : regte

 

Abstract

Hierdie bydrae is 'n vergelykende, regsteoretiese ondersoek wat fokus op prosessuele en geregtigheidsoorwegings tydens die gesamentlike verhoor van 'n volwasse beskuldigde en 'n kind. Ons wys in die bespreking daarop dat die prosessuele oorwegings van skeiding van verhore met die gebruik van die Child Justice Act teoreties gegrond is op die beginsels van die Strafproseswet, hoewel die verwesenliking van geregtigheidsoorwegings met die inwerkingtreding van die Child Justice Act in 'n verhoor 'n komplekse prosessuele sinergie daarstel. Hierdie stelling word verduidelik aan die hand van oorwegings wat voortvloei uit die toepassing van regsbeginsels wat ten doel het om die regte van 'n kind en gepaardgaande belange van 'n kind te beskerm. Die vraag wat ontstaan, is of die verwesenliking van die voorskrifte van die Child Justice Act in 'n verhoor waar volwasse en kinderbeskuldigdes gesamentlik teregstaan, gestand doen aan elkeen van die beskuldigdes se grondwetlike waarborg op 'n effektiewe en spoedige afhandeling van 'n billike verhoor. Ons doen aan die hand dat waar 'n gesamentlike verhoor van 'n kind met 'n volwasse beskuldigde onafwendbaar is, daar bykomende maatreëls ingestel moet word om enersyds gestand te doen aan beide kategorieë beskuldigdes se reg op 'n billike verhoor, en andersyds uiting te verleen aan die behoorlike funksionering van die regspleging.


This submission is a comparative investigation which focuses on issues of fairness and procedural legitimacy during a trial where an adult and a child are co-accused in the same instance. It is submitted that the principles of separation are theoretically grounded in the Criminal Procedure Act and their juxtaposition with the Child Justice Act, when used simultaneously at trial, create a complicated procedural synergy. This submission is explained within the legislative imperative to protect the child's rights and best interests. The question that arises from this investigation is whether the Child Justice Act, applied at the joint trial of an adult and child co-accused, is effective in protecting both parties' constitutional right to a fair and speedy trial. We submit that where a joint trial is unavoidable, material rules should be enacted to protect the right of both categories of offenders (i.e. adult and child) to a fair trial on the one hand and to give effect to the proper functioning of the criminal justice process on the other.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/11/3/EJC164214
2014-12-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error