1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Verbreking van die psigologiese kontrak tussen werknemer en werkgewer, en gedingsvatbare persoonlikheidskrenking : regte

 

Abstract

Afgesien van die formele, skriftelike dienskontrak tussen werkgewers en werknemers, bestaan daar ook 'n stel ongeskrewe wedersydse verwagtinge tussen hierdie partye: sogenaamde psigologiese kontrak. Een van die hoofkenmerke van dié kontrak is die individu se oortuiging dat die ooreenkoms wedersyds is, dit wil sê dat 'n gemeenskaplike verstandhouding albei die partye tot 'n bepaalde handelswyse van gee en neem verbind. Die psigologiese kontrak word verbreek deur middel van die werknemer se ervaring dat daar nie aan die verwagtinge voldoen word nie, wat weer tot negatiewe emosionele reaksies aanleiding kan gee. Die verbreking van die psigologiese kontrak kan dus 'n negatiewe invloed op die diensverhouding uitoefen, maar meer nog, dit kan 'n ernstige uitwerking op die betrokke werknemers se persoonlikheid hê. Die werkgewer se gedrag kan inderdaad gedingsvatbare psigiese letsels (soos stres, depressie en sintuiglike gevoelskrenking), vernedering (eerskending), laster (skending van die goeie naam) en 'n skending van privaatheid en identiteit tot gevolg hê. Ten einde gedingsvatbaar te wees, moet die persoonlikheidskrenking aan al die vereistes van die interdik, die of die aksie weens pyn en lyding, voldoen. Veral die onregmatigheidsvereiste, wat aan die hand van die - (regsoortuiging van die gemeenskap-) maatstaf beoordeel moet word, speel hier 'n belangrike rol. In hierdie verband is die verbreking van die psigologiese kontrak nie per se deliktueel onregmatig nie, maar kan dit as 'n faktor by die onregmatigheidsbeoordeling in ag geneem word. word as vergoeding ook toegeken vir persoonlikheidskrenking weens 'n onbillike arbeidspraktyk wat in beginsel nie verskil van die genoegdoening vir persoonlikheidskrenking ingevolge die -reg nie. Die vereistes vir hierdie twee skuldoorsake is nietemin nie dieselfde nie.


The relationship between an employer and an employee is normally guided by a formal written contract of employment, but there is also another, unwritten, contract between the employer and the employee consisting of a set of reciprocal expectations: the psychological contract.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/1/EJC172659
2015-04-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error