1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die oorlogsherinneringe van P.H. Roux : verontskuldiging of 'n juiste verklaring van die oorgawe in Julie 1900? : geesteswetenskappe

 

Abstract

Die oorgawe van hoofkommandant Marthinus Prinsloo en meer as 4 000 burgers gedurende die Anglo-Boereoorlog (Suid-Afrikaanse Oorlog) in die Brandwaterkom aan die einde van Julie 1900 het oënskynlik die Vrystaat as vegtende party uitgeskakel, en was tegelyk ook 'n groot terugslag vir die Boere se oorlogspoging in die algemeen. Die feit dat die Boere onder twyfelagtige omstandighede oorgegee het, en boonop sonder om enigsins weerstand te bied, het tot veel twis en komplotteorieë aanleiding gegee. En dan was daar ook nog ds. Paul Hendrik Roux se naïewe skakeling met die Britte nadat Prinsloo reeds sy bereidwilligheid verklaar het om oor te gee. In die ondersoek waarop hierdie artikel gebaseer is, word die oorlogsherinneringe van een van die hoofkarakters in die drama wat in die Brandwaterkom ontvou het, naamlik dié van ds. Roux, ontleed, in 'n poging om meer lig te werp op wat presies in Julie 1900 in die Oos-Vrystaat gebeur het. Die aanloop tot die oorgawe word bespreek, soos ook die nuwe strategie wat deur die Boere aanvaar is; die dilemma waarin Roux hom bevind het; sy verhouding met Prinsloo; die vraag na wie presies in bevel van die Boeremagte in die Brandwaterkom was; die omstrede krygsraadvergaderings; Prinsloo se onderhandelinge met die Britte; asook die uiteindelike Boere-oorgawe. Dié studie herbevestig die waarde van herinneringe en ander outobiografiese dokumente vir die rekonstruksie en verstaan van die verlede, maar beklemtoon ook hoe belangrik dit is dat sodanige dokumente met groot omsigtigheid, en dus ook baie krities, hanteer moet word. Die inligting wat in hierdie tipe bronne bevat word, moet - so ver as wat dit moontlik is - geverifieer en met inligting in argivale en ander bronne vergelyk word, soos wat dan ook in hierdie studie gedoen is.


The surrender of Marthinus Prinsloo and more than 4 000 Orange Free State burghers in the Brandwater Basin in the Eastern Orange Free State at the end of July 1900, seemingly knocked the Orange Free State out of the Anglo-Boer War (South African War) of 1899 to 1902. This was a severe blow to the Boer war effort in general. The fact that the Boers surrendered under dubious circumstances and without putting up a fight in the Brandwater Basin fed conspiracy theories and caused a lot of animosity.
In this study the reminiscences of one of the main characters in the Brandwater Basin drama, namely those written by the Reverend Paul Roux, are analysed in an effort to shed more light on the events that unfolded in the Eastern Orange Free State in the fateful month of July 1900. To understand what happened, it is necessary to discuss the events in the run-up to the surrender. This includes an indication of what forces were available to the Boers in the Basin. The new strategy that was adopted by the Boers is also explained; for example, how the Boer forces were divided into three main sections. Paul Roux now found himself confronted by a dilemma, because he did not know exactly what forces he was supposed to command, as well as not knowing what exactly his command relationship with Marthinus Prinsloo was.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/1/EJC172667
2015-04-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error