1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die aanwending van die gestruktureerde interdik in die Suid-Afrikaanse konstitusionele regsbedeling : 'n eiesoortige beregtingsproses : regte

 

Abstract

Suid-Afrikaanse regspraak en literatuur is ongelukkig vol voorbeelde van onvleiende opmerkings van staatsoptrede wat teen die Grondwet indruis. Met dié dat Suid-Afrika 'n jong konstitusionele staat is, word gepaste regshulp in gevalle van ongrondwetlike optrede nog ontwikkel. Hierdie ontwikkeling sal uiteraard 'n stapsgewyse en uitgerekte proses wees. Hierdie artikel beklemtoon dat die gestruktureerde interdik, wat sy ontstaan in die VSA gehad het, 'n belangrike rol kan speel om toepaslike grondwetlike remedies te skep waar grondwetlike regte geskend word. Daar kan verwag word dat veral weerbare litigante of groepe litigante in Suid-Afrika die remedie toenemend sal gebruik om regshulp as gevolg van ongrondwetlike staats- of regeringsoptrede te bekom. Die artikel ondersoek die gestruktureerde interdik - van die ontstaan, aard, normatiewe raamwerk vir die bestaan daarvan in die Suid-Afrikaanse reg, die Amerikaanse beregtingsmodelle, tot die hoofstruikelblokke in die toestaan daarvan. Verdienstelike gevalle vir die oorweging van 'n gestruktureerde interdik, en die aanwending daarvan deur die Suid-Afrikaanse howe tot dusver, word ook bespreek. Die ondersoek lei tot 'n tweeledige gevolgtrekking: eerstens is daar moontlik nog nie volkome begrip vir die veranderde beregtingsrol van die regsprekende gesag in die Suid-Afrikaanse konstitusionele bedeling nie. In 'n konstitusionele bestel behoort die regsprekende gesag baie meer aktief te reageer op versoeke om regshulp wat daarop afgestem is om grondwetlike regte te verwesenlik en te beskerm. In dié verband is veral sommige van die konstitusionele hof se uitsprake tot dusver nie bo kritiek verhewe nie. Daar word egter ook op gewys dat nie net die howe nie, maar veral ook regspraktisyns wat by dié soort litigasie betrokke is, 'n groot rol het om die howe in die formulering van gepaste regshulp by te staan. Een van die grootste struikelblokke in die toestaan van gestruktureerde regshulp is dikwels howe se vrees om op die magsterrein van ander regeringsfere te oortree, wat, in die huidige regsbestel, soms oordrewe voorkom. Tweedens is daar ook nog gebrekkige begrip vir die noodsaaklikheid daarvan dat alle regeringsfere, nieregeringsorganisasies en ander kundiges sal meewerk om gepaste regshulp vir die Suid-Afrikaanse konstitusionele bestel te ontwerp binne die raamwerk wat die gestruktureerde interdik bied. Die verskillende beregtingsmodelle by die toestaan van gestruktureerde regshulp uit die VSA kan as 'n rigtinggewende voorbeeld in Suid-Afrika aangewend word. Teen hierdie agtergrond behoort ander regeringsfere en die Suid-Afrikaanse regsgemeenskap in die geheel die gestruktureerde interdik aan te gryp en te verwelkom as 'n geleentheid om grondwetlike regte - én gepaste regshulp vir die skending daarvan - in 'n gees van samewerking te ontwikkel.


South African case law and literature are unfortunately riddled with examples of unflattering references to unconstitutional governmental conduct. South Africa is a relatively young constitutional state and it is to be expected that the process by which suitable constitutional breach remedies are developed will be protracted and incremental. The constitutional remedies offered by the employment of the structural interdict is recognised as one of the most effective ways of dealing with constitutional rights violations and developing effective and appropriate relief. Legal relief in terms of the structural interdict does, however, face a number of challenges. The first is that it requires a radically altered approach to the adjudication of public interest litigation by the South African judiciary. The article draws substantially on the work of Harvard professor Chayes, who has convincingly demonstrated the differences between private and public rights litigation. Through this comparison, and remarks by a number of eminent South African jurists in the context of developing suitable constitutional remedies, a clear message evolves: even though the relief offered by the structural interdict may very often imply a transgression by the judiciary on the territory of the executive, the Constitution anticipated this. Not only does the Constitution provide for judicial review of all governmental conduct, it implores the courts to develop suitable constitutional remedies. But the second part of the message that emerges is equally significant: the process is to be participatory. Not only the courts, but all organs of state, governmental bodies, public interest lawyers, non-governmental bodies and civil society at large must participate in the process of the protection and development of the constitutional rights and the values that underlie the South African legal order. In terms of the structural interdict a court retains jurisdiction over a matter until it is satisfied that after (what is often) a protracted process of deliberation between the litigating parties and other interested parties, a suitable solution (remedy) evolves. It is this process of deliberation that ought to be characterised by a spirit of keenness by organs of state, as has been called for by, among others, South African judges Yacoob and O'Regan. It is in the USA that the structural interdict as a constitutional remedy first evolved.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/2/EJC179621
2015-08-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error