1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die uitwerking van mentorhulp op kunsonderrig in laerskole : opvoedkunde

Volume 12, Issue 2
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Gevallestudies in skole het getoon dat die meeste algemeen-opgeleide onderwysers wat nie kuns as 'n hoofvak gehad het nie, sukkel om betekenisvolle, gehalte-kunslesse aan te bied. By baie van hierdie onderwysers ontbreek die begrip van die geleentheid tot die ontwikkeling van kinders se geletterdheid deur kunsonderrig. Die navorsingsprojek waarop hierdie artikel gebaseer is, ondersoek of die behoeftes van algemeen-opgeleide, onervare en onderopgeleide onderwysers wat dus nie vakspesialiste in kuns is nie, maar wel die vak moet gee in skole, deur mentorhulp bevredig kan word. Die vertrekpunt van die studie is literatuur oor mentorhulp in onderwys en oor betekenisvolle, gehalte-kunsonderrig. Mentorhulp is aan vier onderwysers by verskillende skole aangebied om hulle in hulle kunsonderrigpraktyk by te staan.


Die omstandighede en toestande by die deelnemende skole verskil. By al die skole is daar 'n behoefte by algemeen-opgeleide onderwysers aan bystand in die beplanning en aanbieding van kunsonderrig van gehalte. Die sikliese mentorhulpprogram het begin met die daarstel van 'n verhouding tussen mentor en onderwyser, waarin albei partye 'n ewe belangrike rol speel. Na 'n behoefteontleding het die mentorproses gevolg. Dit behels die gesamentlike beplanning van lesse, demonstrasielesse, lesbesprekings, afrigsessies en refleksie. Die proses eindig met 'n praktiese werksessie. Daar is boekgehou van alle gebeure, verslag gedoen, en aan die einde daarvan is die projek geassesseer.
Die kwalitatiewe data wat by die vier skole ingesamel is, is ingedeel in en ontleed volgens hooftemas, naamlik: mentorhulp in kunsonderrig, die verhouding tussen mentor en onderwyser, die rol van die mentor, die rol van die onderwyser, die doelstellings van die mentorhulp, die verloop van die mentorhulp, en die uitkomste van die mentorhulp. Evaluasie aan die einde van die projek het die onderwysers se professionele ontwikkeling deur die proses uitgelig. Hulle vakkennis van kunsonderrig is uitgebrei en hulle het begin om oor hulle eie praktyk te reflekteer. Die probleme wat hulle aan die begin ervaar het, is meestal opgelos en alhoewel hulle 'n langer tydperk vir die mentorhulp sou wou gehad het, het hulle deur die proses gegroei en ontwikkel. Dat die lewe van die kinders verryk is en dat hulle deur die proses geleer het, was duidelik sigbaar in die kunswerke wat hulle geskep het.


Quality, meaningful art education is a very important vehicle for learning and knowledge acquisition which is within the reach of all children in schools. Art education forms part of the compulsory school curriculum from grades R to 9 in South Africa.
Unfortunately, due to various factors, art lessons currently taught at many schools do not answer to the requirements of quality art education. A factor contributing to this can be the fact that generalist teachers, with no specialised training in art, are responsible for the teaching of art in schools in South Africa. Another factor blamed is recurring educational change and consequent uncertainty. For art education to be positioned as an opportunity for the progress of learners with various learning styles and forms of intelligence the quality of art lessons taught needs to be seriously reviewed.
There is a great need for in-service training to address the shortfalls in the teaching of art in schools. When skills-building workshops in art education were offered, teachers requested personal interventions on a one-to-one basis with a focus on their own particular strengths and shortcomings. Mentoring of educators seems to be a means of addressing their needs and improving the quality of their teaching of art. In response to a plea from teachers this research project was designed during which inexperienced and inadequately trained teachers who are responsible for art education were mentored.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/2/EJC179626
2015-08-01
2017-10-21

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error