1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Paul Ricoeur se begrip van transendensie met betrekking tot tyd en narratief : geesteswetenskappe

 

Abstract

Paul Ricoeur se verstaan van die narratiewe struktuur van menslike "tydlikheid" bevat 'n dialektiese begrip van die transendensie van tyd, 'n begrip wat meer inhou as die gebruiklike tweedeligheid van transendensie en immanensie. Hierdie begrip van narratiewe tydlikheid behels 'n dialektiek tussen (1) narratiwiteit as die voorwaarde vir die vaslegging van die transendensie van tyd in menslike tydlikheid en (2) die transendensie, of onnaspeurbaarheid, van tyd as 'n transendentale voorwaarde vir die narratiewe struktuur van menslike tydlikheid. Met ander woorde: sonder narratief sou dit nie vir ons moontlik gewees het om die transendensie van tyd om te sit in menslike ervaring nie, maar wederkerig as dit nie was vir die transendensie van tyd wat ons ervaring deurentyd deurkruis nie, sou ons tydlike bestaan nie 'n narratiewe struktuur ontwikkel het nie. Op hiérdie manier kom die betekenis van die narratiewe funksie tot vervulling eers wanneer dit 'n voorwaarde vir tydlike bestaan word. Maar hierdie "vervulde betekenis" van die narratiewe funksie berus op hierdie spesifieke dialektiek van die transendensie van tyd.


Ricoeur's understanding of the narrative structure of human temporality involves a dialectical notion of the transcendence of time, a notion beyond customary dichotomies between transcendence and immanence. For example, Wessel Stoker indicates that transcendence does not have to be understood only in a simplified opposition to immanence. Stoker (2012:3-23) identifies four types of transcendence, namely (1) immanent transcendence - where the absolute (God) and human beings are directly connected and where the absolute is experienced in and through mundane reality; (2) radical transcendence - where the absolute is the wholly other and thus sharply distinguished from mundane reality; (3) radical immanence - where the absolute is no longer sought outside mundane reality; and (4) transcendence as alterity - which rejects the opposition between transcendence and immanence and therefore the wholly other can appear in every other.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/2/EJC179630
2015-08-01
2016-12-03
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error