1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die "sluipmoordenaar" en die "patriot" : Hendrik van den Bergh, John Vorster, John Harris en die Johannesburgse stasiebom, 24 Julie 1964 : geesteswetenskappe

 

Abstract

Tydens spitstyd op Vrydagmiddag 24 Julie 1964 het 'n bom by die Johannesburgse stasie ontplof. Een van die beseerdes, 'n bejaarde vrou, is dae later in die hospitaal dood. Die bomplanter, John Harris, is op die dag van die ontploffing gearresteer, voor die einde van 1964 verhoor, skuldig bevind aan moord en ter dood veroordeel. Sy appèl was onsuksesvol en hy is op 1 April 1965 gehang. Bewerings is oor die jare deur verskillende persone gemaak dat Hendrik van den Bergh, wat destyds die hoof van die veiligheidspolisie was, en John Vorster, wat die minister van justisie was, voor die ontploffing van die bom geweet het, maar niks gedoen het om dit te keer nie, en daarom medepligtiges was aan die misdaad waarvoor Harris tereggestel is. In hierdie artikel word historiese kritiek aangewend om te bewys dat die aantygings teen Van den Bergh en Vorster vals is. Die artikel demonstreer dat historici 'n verantwoordelikheid en plig het om die mynveld van historiese onwaarhede wat deur propagandiste vir en teen apartheid agtergelaat is, op te ruim.


During peak hour on Friday afternoon, July 24, 1964, a bomb exploded at the Johannesburg station. One of the injured, an elderly lady, died some days later in hospital. Her granddaughter sustained facial burns that permanently maimed her. Some twenty other persons were less seriously injured. The bomb planter, John Harris, was arrested on the same day, was brought to trial before the end of 1964, found guilty of murder and sentenced to death. His plea of not being accountable owing to a temporary mental disorder was rejected. His appeal was also unsuccessful. On April 1, 1965 he was hanged. Ever since that date allegations have been made by, among others, Gordon Winter, Peter Hain, Terry Bell, Alan D. Elson and David Beresford that Hendrik van den Bergh, who was chief of the security branch of the South African Police at the time of the station bomb, and John Vorster, who then was minister of justice, had known about the bomb before it exploded, but had done nothing to prevent its explosion. According to these accusations Van den Bergh and Vorster were accessories to the crime for which Harris was hanged.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/2/EJC179632
2015-08-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error