1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Dis net 'n film : Bernard Stiegler se tegnoteologiese, rolprentmatige geloof : geesteswetenskappe

 

Abstract

In hierdie artikel word die breë argument van Bernard Stiegler se derde vername werk, band drie van sy -trilogie (1994, 1998, 2001), in Engels vertaal as , ontleed. Waar ek Stiegler se tegno-antropologie in band een van sy -trilogie en sy teologie van skrif in band twee van die trilogie in twee vorige artikels behandel het (Rossouw 2013 en 2014), word in hierdie artikel ingegaan op hoe hy in die lig van sy tegno-antropologie in band drie van sy trilogie sy diagnose van die patologieë van die Westerse moderniteit verder ontwikkel en sy gedagtes oor 'n kuur in groot besonderhede met verwysing na die onderwysstelsel uitwerk. In die proses word stilgestaan by 'n aantal sleutelkonsepte van Stiegler, insluitend die rolprentmatige aard van die bewussyn, aanneming, die Amerikaanse politiek van aanneming, en so meer.


Vervolgens word my twee kritiese argumente teen Stiegler, waarvolgens sy filosofie eerstens 'n tegnoteologie geskoei op die omwerking van (Christelike) teologiese motiewe is, en tweedens histories problematies is, verder in hierdie artikel ontwikkel. Deur dan inderdaad in hierdie artikel op sodanige omwerkings te wys, poog ek om in aansluiting by my vorige artikels aan te toon dat sy filosofiese diskoers gelegitimeer word deur 'n omwerking van dieselfde (Christelike) teologiese motiewe wat dit na bewering kritiseer as deel van die sogenaamde metafisika. Hiermee word aansluiting gevind by die skool van die teologies-filosofiese kritiek op die Westerse moderniteit waartoe denkers so uiteenlopend soos Leo Strauss, Eric Voegelin, Karl Löwith, Ivan Illich, Charles Taylor, John Milbank en andere bygedra het.


In this article the broad argument of Bernard Stiegler's main third book, volume three of his -trilogy (1994, 1998, 2001), translated into English as , is analysed.
In section 1 I recount Stiegler's formalist argument as to why and how cinema and television came to displace the printed word as the dominant mnemotechnology. I begin with the Husserlian part of Stiegler's formalist argument according to which the film mechanically reproduces the cinematic nature of consciousness as we see it in the ongoing selection made in the "live filming" of lived experience in the primary retention, as well as in the "editing" into a coherent film from the "footage" of memory during the secondary retention. Moreover, both the primary and secondary retentions depend on the selection ("filming" and "editing") criteria supplied by the tertiary retention, that is, by the memories that have been transmitted to and adopted by me - my past that I have not lived.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/2/EJC179634
2015-08-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error