1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Menseregte, die omgewing en omgewingskonstitusionalisme : regte

 

Abstract

As een van die primêre versinnebeeldings van konstitusionalisme is menseregte kragtige en blywende grondwetlike komponente van 'n regsisteem. Tans is daar 'n beduidend hernude belangstelling in die rol van menseregte in die omgewingsparadigma, veral in die mate waartoe menseregte beskou word as verhewe metawaardes wat 'n buitengewone bemiddelingsrol in die mens-omgewing-koppelvlak kan vervul. Deurdat omgewingsbewaring toenemend verskans word in grondwette, vernaamlik by wyse van omgewingsmenseregte, word die moontlikheid geskep om omgewingsbelange in 'n juridiese sin te verhef en om geleidelik aan die omgewing groter status te verleen binne die grondwetlik-beskermende domein van regstelsels oor die wêreld heen.


Hierdie konstitusionaliseringsproses geskied binne die konseptuele kader van omgewingskonstitusionalisme, wat tot op hede nog 'n splinternuwe en ontwikkelende begrip is. Omgewingskonstitusionalisme tree in verskillende vorme na vore. Dit sluit in formele konstitusionele eienskappe wat voorsiening maak vir die argitektuur en inwerkingstelling van omgewingsbestuur, asook substantiewe konstitusionele eienskappe wat konstitusioneel verskanste bepalings soos grondliggende waardes, "hoërorde"-beginsels, en belangriker vir hierdie artikel se fokus, omgewingsmenseregte insluit.
Die geleidelike ontwikkeling van omgewingskonstitusionalisme in vakkundige debat gee blyke van 'n doelbewuste, hoewel (nog) huiwerige poging om die menseregte-omgewingdebat opnuut deur 'n konstitusionele lens te bekyk. Hoewel hierdie hernude belangstelling skynbaar gesetel is in 'n meer omgewingsgerigte en pasgemaakte konstitusionele benadering, moet 'n mens jou afvra of bloot 'n nuwe etiket vir 'n ou verskynsel is en of dit inderdaad iets nuuts daarstel. Ook belangrik vir doeleindes hiervan is die vraag of hierdie nuwe term van waarde vir die menseregte-omgewing-debat is.
In 'n poging om tot die jong maar ontwikkelende diskoers oor omgewingskonstitusionalisme by te dra, wil hierdie artikel 'n normatief-konseptuele ondersoek begin wat daarop fokus om sommige van hierdie vrae te beantwoord, wel wetende dat so 'n ondersoek (énige ondersoek, trouens) te beperk is om die vrae afdoende te beantwoord. Die artikel het spesifiek ten doel om die verskynsel van omgewingsmenseregte binne die kader van omgewingskonstitusionalisme te oorweeg; om 'n meer samehangende en gesistematiseerde beskrywing van omgewingskonstitusionalisme en hierdie paradigma se formele en substantiewe aspekte aan te bied; en, ten slotte, om krities te besin oor die potensiaal van omgewingsmenseregte as belangrike elemente van substantiewe omgewingskonstitusionalisme en hul rol in die bemiddeling van die mens-omgewing-koppelvlak in die Antroposeen. Omdat die debat oor omgewingskonstitusionalisme tans byna uitsluitlik in die Engelse literatuur gevoer word, is dit ook die doel van hierdie artikel om die debat in breë terme bekend te stel aan 'n Afrikaanse gehoor, wat op sy beurt sou kon bydra tot die groeiende Afrikaanse omgewingsregdiskoers.


As one of the primary expressions of substantive constitutionalism, human rights are considered ethical demands that operate at an elevated juridical level. The appeal of human rights to social movement energies and energetic global solidarities evinces their increasing popularity as legal constructs that supplement the traditional instrumentalist functions of law. Despite their many limitations and the legitimate criticism often levelled against rights generally, they remain enduringly valuable juridical constructs in a normative and an analytical sense. Currently there seems to be renewed and burgeoning scholarly interest in the role of human rights in the broader environmental paradigm. As legal mechanisms possessing unique characteristics, human rights are elevated within the juridical order as meta-values and able to perform a singular mediating role in the human-environment interface. The worldwide acceptance of people's rights to a healthy environment, environmentally related procedural rights and other substantive political and socio-economic human rights bearing on environmental interests (collectively understood as environmental human rights), is testimony to their increasing popularity.
The move towards constitutional environmental care, and more specifically, the emergence of environmental human rights, occur conceptually within the newly emerging paradigm of "environmental constitutionalism". Environmental constitutionalism, unlike human rights in the environmental context, is an entirely new concept for which, to date, there does not exist a universally endorsed definition, and of which there has been no cogent theoretical-normative treatment. As has been stated, and as this article argues, environmental constitutionalism manifests in formal and substantive guise. Its formal aspects provide for the architecture and implementation of environmental governance, whereas its substantive aspects include constitutionally entrenched higher-order values and principles, and importantly for present purposes, environmental human rights. The latter proliferation occurs predominantly at a domestic constitutional level, suggesting that constitutions are almost always the legal avenue of choice to entrench environmental human rights.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/3/EJC182652
2015-12-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error