1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Wanneer jou kantoorgebou herbou word terwyl jy werk : 'n studie oor die invloed van epistemologiese, politieke en nasionale veranderinge op onderwysersopleiding in afstandsonderrig : opvoedkunde

 

Abstract

Hierdie artikel is 'n interpreterende studie oor die ervaring van 'n dosent wat vir 26 jaar onderwysers aan 'n afstandsonderriguniversiteit opgelei het. Die artikel kan beskou word as 'n vermenging van 'n etnografie en 'n outo-etnografie. Die doel van die artikel is om van die kennis en ervaring wat oor die jare opgedoen is, beskikbaar te stel vir nuwelinge in die veld van onderwysersopleiding. 'n Kwalitatiewe benadering word in die artikel gevolg en 'n literatuurstudie en waarneming is ook as metodes van inligtinginsameling gebruik. Die artikel strek oor drie periodes in die geskiedenis van onderwys in Suid-Afrika: die laaste ses jaar van die apartheidsera; die eerste ses jaar van die postapartheid era; en die eerste 12 jaar van die 21ste eeu. In die artikel word sowel die internasionale as die Suid-Afrikaanse konteks beskryf. In die drie tydvakke word die invloed van epistemologie op opvoedkunde bespreek, asook die uitdagings wat dit aan diegene wat onderwysers oplei, bied. Politieke en nasionale veranderinge in 'n land beïnvloed onder andere ook die onderwysstelsel. Diegene wat onderwysers oplei, moet dus tred hou met die veranderinge en onderwysstudente ooreenkomstig die veranderinge oplei. Terselfdertyd moet akademiese denke behou word en akademiese besprekings aangemoedig word.


This article is an interpretative study about the experience of a lecturer who trained teachers at a distance education university for 26 years. The aim of the article is to make knowledge and experience gained over years available to novices in the field of teacher training.
A qualitative approach is used in the article and a literature study and observation are used as methodology. The article can be regarded as a mixture of ethnography and autoethnography. The strategy used in ethnography and auto-ethnography is observation and a description of a number of events. The data analysis is interpretative and consists of a description of a number of phenomena that were examined (De Vos, Strydom, Fouché and Delport 2005:271).

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/3/EJC182657
2015-12-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error