1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Leerspraak in mentorinteraksies - 'n ondersoek na die interaksionele aard van leer : opvoedkunde

 

Abstract

Hierdie artikel is 'n ondersoek na die interaksionele aard van leer en fokus op die wyses waarop deelnemers in mentorsituasies hulle spraak vir leer gebruik. Die doel is om voorbeelde van interaksies met behulp van gespreksontledingsmetodes te beskryf en die implikasies daarvan vir mentorskap uit te werk. Die eenheid van ontleding is leerspraak, dit is spraak-in-interaksie, in episodes van leer, die wyses waarop deelnemers hulleself daarmee posisioneer en hulle beurte in die gesprek aanwend om die leerdoel te bereik. Die studie is van twee mentorpare se interaksies waartydens leerbehoeftes geïdentifiseer en leer bewerkstellig word. Met behulp van gespreksontledingsmetodes is vasgestel dat leerspraak gebruik word vir die manifestering van rolle sowel as die kennisposisies wat die mentor en die leerder inneem. Daar is ook bevind dat die interaksionele totstandkoming van leer bepaal word deur sowel die aanvanklike instemming oor wat die leerbehoefte is as die organisasie van die betrokke beurtsekwense. Voorts is daar ook aanduidings in die data dat die leer wat gespreksmatig en interaksioneel tot stand kom, op mentorspraak berus, wat studentespraak assesseer, uitbrei en aanvaarbaar verklaar. Bevindinge word bespreek met betrekking tot interaksieteorie en tendense in die literatuur oor die ontwikkeling van gespreksontledingsbeginsels. Aanbevelings word gedoen vir verdere ondersoeke oor die interaksionele aard van leer, asook moontlike implikasies vir mentorpraktyke.


This article is an inquiry into the interactional nature of learning, and focuses on the ways in which participants in mentor settings use their talk for purposes of learning. The purpose is to analyse and describe examples of interactions by means of Conversation Analysis (CA) methods in order to consider the implications for mentoring practices.
Mentoring interactions are essentially forms of talk-in-interaction (as described by Schegloff (1997), and characterised by conversational practices of turn-taking, sequencing of utterances as social actions, and the full spectrum of social and conversational norms observed (Van der Westhuizen 2015). They are forms of learning conversations, as per the definitions of Magano et al. (2010), consisting of institutional-specific discursive activities (Drew and Heritage 2006) where participant contribution is a function of the setting, the institutional norms, and the status and stance of the other (Tillema et al. 2015).
Learning conversations are defined here as learning talk, i.e. interactions aimed at the achievement of learning (Van der Westhuizen 2011). Such talk is not seen as windows into the mind (Edwards 1997), but rather as displays of participant status and orientation (Melander 2012), and epistemic primacy, i.e. how participants use what they know in the interaction (Stivers, Mondada and Steensig 2011; Heritage 2012).

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/3/EJC182658
2015-12-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error