1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Gebrokenheid en geweld : enkele voorbeelde van hedendaagse Suid-Afrikaanse kuns : godsdienswetenskappe

 

Abstract

Hierdie is 'n voortsetting van 'n vorige artikel wat fokus op maniere waarop voorstellings van 'n radikale menslike gebrokenheid verhoudings tussen kuns en godsdiens kan verdiep en verryk. Die huidige gewelddadige klimaat in Suid-Afrika (en elders) het beduidende invloed op die werk van sommige Suid-Afrikaanse kunstenaars en sal, as 'n aspek van gebrokenheid, die sentrale uitgangspunt van die ondersoek vorm. Renè Girard se verkenning van geweld, veral sy belangstelling in die sondebokbeginsel, is van belang hierin.


In die beperkte toepassing wat 'n Christelike perspektief tot dusver in die kunsteorie gevind het, het Calvin Seerveld, veral deur sy metodologiese ontwikkeling van 'n ikonotipiese gebroke-kosmos-tradisie, moontlikhede vir navorsing geopen wat plaaslik verder uitgebrei is deur Dirk van den Berg. Dit sal as navorsingbeginsel hier gevolg word. Die grondbeginsels van die Christelike godsdiens - ons erflas, genade en die versoening deur Jesus se kruisiging - omsluit my interpretasie.
Die visuele belang van my benadering vra 'n hermeneutiese verkenning van visuele tekste. Dit vorm die metodologiese raamwerk vir kommunikatiewe interaksie tussen kunswerke en betragters. Kunstenaars wat binne die radikaliteit van gebrokenheid die mees diepgaande vertolking gee van 'n blywende vermenging van genade en versoening, kan moontlik uit 'n gebroke-kosmos-tradisie werk. Die betrokkenheid met geweld, maar ook met versoening of heling, in Jane Alexander, Wim Botha, Pauline Gutter en Marlene Dumas se werk sal as hedendaagse kernvoorbeelde van komplekse gebrokenheid staan, soos wat Rembrandt van Rijn se werk dit histories is.
Ek wil aansluit by Theodor Adorno wat in sy denke oor menslike lyding nie oplossings voorstel nie, maar eerder kritiese nadenke oor die menslike bestaan. Deur 'n bewussyn van die wêreld soos dit is, die teensprake en onderdrukkings wat die menslike bestaan deursuur, en deur begrip van menslike emosies, kan ons verby die gebreke kyk na meer positiewe moontlikhede van bedagsaamheid, goedhartigheid en skoonheid.


This is a continuation of a previous article (Joubert 2014), which focuses on ways in which representations of a radical human brokenness can deepen and enrich relationships between art and religion. In the limited application which a Christian perspective has found so far in art theory, Calvin Seerveld has opened possibilities for research, particularly through his methodological development of an iconotypical troubled cosmos tradition which recognises the complexity of interpretations. Locally it is further expanded by Dirk van den Berg and is followed here as a research principle. The fundamentals of the Christian religion - man's inherited burden of sin, grace and reconciliation through Jesus Christ's crucifixion - are central to my interpretation.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/12/3/EJC182668
2015-12-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error