1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Intertalige en kruiskulturele verkeer tussen Afrikaans en Nederlands in Marlene van Niekerk se verhaalbundel : geesteswetenskappe

 

Abstract

Verskeie lesers het kommentaar gelewer op die wyse waarop die gebruik van Afrikaans in Marlene van Niekerk se verhaalbundel deur ander tale, veral Nederlands, "geperforeer" of "geïnfiltreer" is. In hierdie artikel word daar aandag gegee aan die intertalige en kruiskulturele verkeer tussen Afrikaans en Nederlands in hierdie bundel, spesifiek in die verhaal "Die sneeuslaper". Dit word gedoen aan die hand van Waïl Hassan (2006) se insigte oor die "translational text" en Rebecca Walkowitz (2015) se werk oor tekste wat volgens haar "in vertaling" gebore is (). Die artikel ondersoek die wyse waarop Afrikaans in die verhaal "Die sneeuslaper" geperforeer word deur Nederlands en die wyse waarop 'n Suid-Afrikaanse leefwêreld die Nederlandse verhaalruimte in hierdie verhaal infiltreer. Hierdie eienskap van die verhaal word in verband gebring met die figuur van die sneeuslaper wat geïnterpreteer word aan die hand van Marlene van Niekerk se opvattings oor die rol van die skrywer en die literêre teks, soos uiteengesit in onderhoude, toesprake, lesings en die artikel "The literary text in turbulent times: an instrument of social cohesion or an eruption of 'critical bliss'. Notes on J.M. Coetzee's " wat in 2013 in verskyn het.


When Marlene van Niekerk's volume of stories [The snow sleeper] (2010) was published, several reviewers commented on the fact that the Afrikaans used in the text was "perforated" or "infiltrated" by other languages, especially Dutch. This article explores the interlingual and cross-cultural movements between Afrikaans and Dutch in this volume, more specifically in "Die sneeuslaper", the story that lends its title to the volume. Die sneeuslaper has an unusual publication and translation history. The text was commissioned by the University of Utrecht, written in Afrikaans and translated into Dutch by Riet de Jong-Goossens as the writing of the text progressed. According to Van Niekerk she constantly adjusted the Afrikaans text on the basis of her translator's comments and questions. Finally the Dutch translation was published before the Afrikaans original.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/13/1/EJC189429
2016-01-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error