1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die inslag van die Gotiese in die Afrikaanse literatuur : 'n ondersoek na 'n eiesoortige Afrikaanse Gotiek aan die hand van die Faust-motief : geesteswetenskappe

 

Abstract

Akademiese gesprekke oor die Afrikaanse Gotiek is gering en die term Gotiek kom nie voor in T.T. Cloete se (1992) nie. Daar is verskeie redes vir hierdie leemte in die Afrikaanse literatuur. In die eerste plek word Gotiese elemente in die Afrikaanse letterkunde meestal met populêre vrees- en jeugliteratuur geassosieer, en nie met "hoogliteratuur" nie. Tweedens word dit algemeen aanvaar dat daar in die Afrikaanse literatuur hoogstens gepraat kan word van narratiewe wat die (Britse) "Gotiese tradisie ontgin", en nie van "Afrikaanse Gotiek" as 'n selfstandige genre nie. In die derde plek word die Gotiek selde nog in sy suiwer vorm, dit wil sê, as "adventure-time in Gothic architectural space" (Townshend 2014:xlii-xliii), in die wêreldliteratuur aangetref. Nietemin is daar Engelse, Duitse, Franse en Nederlandse verhale wat steeds die "Gotiese effek" van onheil, misterie en spookagtigheid besit en daarom as Gotiese literatuur beskou word. Dieselfde geld vir sommige Afrikaanse tekste wat 'n unieke Gotiese effek van geheimsinnigheid, bedreiging en verskrikking het, binne 'n kenmerkend Suid-Afrikaanse omgewing (verlate plaaswonings, droogtegeteisterde gebiede) met eg Suid-Afrikaanse karakters (plaasboere, Boesmanreënmakers, Boerekrygers). Hierdie aspekte, asook die invloed van verskeie in- en uitheemse okkultetradisies, bewerkstellig 'n eiesoortige Afrikaanse Gotiek. Afrikaanse Gotiese tekste is met ander woorde nie 'n blote nabootsing van die Europese Gotiese tradisie nie, maar het oorspronklike kenmerke wat eie aan die Afrikaanse Gotiek is. Die bestaan van 'n unieke Afrikaanse Gotiek word in hierdie artikel oorweeg aan die hand van die Faust-motief in drie Afrikaanse narratiewe, naamlik Eugène N. Marais se novelle (1933), Anna M. Louw se roman (1999) en Pieter van Zyl se kortverhaal "Versoeking" (2015). Daar word dus gepoog om die volgende vrae in hierdie artikel te beantwoord: Hoe vind die Gotiese inslag in die Afrikaanse letterkunde, en kan daar van 'n eiesoortige Afrikaanse Gotiek gepraat word?


The term Gothic does not often feature in academic discussions on Afrikaans literature; neither does its Afrikaans equivalent, (1992). There are various reasons for this omission in Afrikaans literature. Gothic elements in Afrikaans fiction are, firstly, usually associated with popular ghost stories or youth literature and not with "high" literature. Secondly, it is generally accepted that Afrikaans Gothic literature is a mere imitation of the British Gothic tradition and not an independent literary type with its own unique characteristics. Thirdly, "pure" Gothic literature, that is "adventure-time in Gothic-architectural space" (Townshend 2014:xlii-xliii), hardly still exists within modern world literature. However, there remain certain narratives in English, German, French, Dutch and many other languages with the "Gothic effect" of ominousness, mystery and eeriness, which are therefore regarded as Gothic literature.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/13/1/EJC189432
2016-01-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error