1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Nora en die Afrikaners : gedagtes oor die impak van die eerste professionele produksie van Henrik Ibsen se in Afrikaans

 

Abstract

Die eerste plaaslik-geïnisieerde professionele aanbieding van 'n Ibsen-drama in Suid-Afrika was 'n Afrikaanse weergawe van , deur Paul De Groot herdoop na om plaaslike gehore nie af te skrik nie), in 'n vertaling deur die merkwaardige mev. A.E. Carinus-Holtzhausen. Dit is aangebied en geregisseer deur Paul de Groot met sy geselskap, bestaande uit homself, André Huguenet, Helene Botha, Rena la Roche, Henri van Wyk en Andries Coetzee. Die stuk het 200 aanbiedings op sy ses maand lange toer deur die land beleef, hoofsaaklik op plattelandse dorpe. Waarna die artikel kyk, is die plek en aard van die produksie van Ibsen se kontroversiële meesterstuk in die vormingsjare van die Suid-Afrikaanse teatersisteem. Alhoewel gehore louwarm voorgekom het, was dit merkwaardig dat daar 'n byna totale afwesigheid van negatiewe publieke reaksie by die konserwatiewe Afrikaanse gemeenskap was. Die skrywers skryf dit toe aan twee redelik onverwante sake : eerstens die feit dat die toer bestaan het uit enkele optredes op die verskillende dorpe, wat sou maak dat daar nie veel geleentheid was vir publieke terugvoer nie; en tweedens die feit dat De Groot vir 'n groot deel van die toer gebruik gemaak het van die gewraakte "gelukkige" einde wat Ibsen vir die eerste Duitse opvoerings geskryf het. En tog, ten spyte van die gehore se skynbare apatie en onvermoë om die stuk te begryp (volgens beide André Huguenet en Helene Botha), was die toer skynbaar tóg 'n redelike sukses en het dit - merkwaardig genoeg - op die lang duur 'n deurslaggewende kulturele invloed op die vorm en styl van die toekomstige Afrikaanse, en selfs Suid-Afrikaanse, teater uitgeoefen.


The first locally initiated professional production of an Ibsen play in South Africa was an Afrikaans version of , renamed by Paul De Groot as a sop to contemporary audiences in rural areas), translated by the amazing Mrs A.E. Carinus-Holtzhausen and produced and directed by Paul de Groot for his company in 1929, with himself, André Huguenet, Helene Botha, Rena la Roche, Henri van Wyk and Andries Coetzee. The play had 200 performances on its six-month tour through the country, playing mainly in rural towns. What the article looks at is the place and the nature of this production of Ibsen's controversial masterpiece in the formative years of the South African theatre system. Despite what was seen as a lukewarm response to the play from most audiences (by both André Huguenet and Helene Botha), what was most remarkable was the almost total lack of negative response by the conservative Afrikaans community, and the authors speculate that this may be the result of two relatively unrelated factors, namely the fact that this was a tour of one-off performances, hence there was not much opportunity for public response, and the fact that for much of the tour, De Groot utilised the notorious German "happy" ending to the play which Ibsen had written for the first German productions. Yet, despite the audiences' patent apathy towards and lack of comprehension of the play, the tour was apparently a reasonable success, and remarkably, in the long term it seems to have had a significant cultural influence on the shape and style of the future of Afrikaans, and even South African, theatre.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/6/2/EJC62226
2009-08-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error