1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Tegnologiese singulariteit en transendentale monisme : medeskeppers van volhoubare alternatiewe toekomste

 

Abstract

Die versmelting van tegnologiese singulariteit met transendentale monisme word gepostuleer as die mees aangewese kompromie vir die skep van volhoubare alternatiewe toekomste. Vier moontlike toekomste kan na vore kom wanneer twee tipes tegnologiese progressies en twee tipes metafisika met mekaar gekombineer word : (a) Tegnologiese singulariteit gekombineer met materiële monisme, wat kan veroorsaak dat die mensdom soos dit vandag daar uitsien, tot 'n einde kom en die era van transhumanisme inlui. (b) Liniêre verandering, gekombineer met materiële monisme, wat 'n ekstrapolasie van vandag se situasie na die sogenaamde huidige toekoms kan teweegbring, dit is, ontwikkeling en onderontwikkeling, rykes en armes, en ekologiese nievolhoubaarheid. (c) Liniêre verandering gekombineer met transendentale monisme, wat daartoe kan lei dat bewustheid die dominante oorsaaklike realiteit word in 'n lae-tegnologie-wêreld met volhoubare naturalisme. (d) Tegnologiese singulariteit gekombineer met transendentale monisme, wat tot heeltemal nuwe toekomste kan lei waar 'n hoogs bewuste mensdom tegnologie gebruik as 'n middel tot 'n volhoubare hoë-orde-leefwyse.


Die mensdom is uniek binne die begrensing van die bekende heelal en kan nie sonder meer getransformeer word in 'n blote niebiologiese entiteit nie. Die uitdaging is om die oënskynlik opponerende waardestelsels van die psigososiale sfeer en tegnologiese vooruitgang en denke met mekaar in lyn te bring ten einde 'n nuwe paradigma te skep wat tot 'n volhoubare hoë-orde-leefwyse sal lei.

The need for a fusion between technological singularity and transcendental monism is posited as the best compromise for sustainable alternative futures. Four possible futures could emanate from a combination of two types of technological progress and metaphysical monism : (a) Technological singularity and material monism, which could lead to the end of humanity as we know it and usher in the era of transhumanism. (b) Linear change and material monism, which could lead to an extrapolation of the present into the current future, i.e. development and underdevelopment, haves and have-nots, ecological-environmental unsustainability. (c) Linear change and transcendental monism, which could lead to consciousness as the dominant causal reality in a low-technology world with sustainable naturalism. (d) Technological singularity and transcend-dental monism, which could lead to completely new futures where highly conscious humans use technology (innovation) as a means to sustainable higher-order living expandable to the universe as a whole.


Humanity is unique within the confines of the known universe and cannot be allowed to transform into mere intelligent non-biological entities. The challenge, therefore, is to align the value system of the psycho-sociosphere with technological progress and thinking to create a new paradigm that will lead to sustainable higher-order living.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/6/3/EJC62236
2009-12-01
2016-12-04
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error