1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Afrikanerskap en taal by 'n paar Afrikaanse skrywers en ander intellektuele in die 1890's

 

Abstract

Met verwysing na die Genootskap van Regte Afrikaanders se onderskeid tussen Afrikaners met Engelse, Hollandse en Afrikaanse harte onderskeidelik gee die outeur 'n oorsig van die houdings van 'n paar Afrikaanse skrywers en ander intellektuele teenoor Afrikanerskap en die keuse van 'n kultuurtaal. Die klem val op 'n paar NG predikante, pres. M.T. Steyn, pres. Paul Kruger, genl. J.B.M. Hertzog, "Onze Jan" Hofmeyr, S.J. du Toit, Marie Koopmans-De Wet, Gustav Preller, C.J. Langenhoven, J.D. Kestell, M.E.R. en D'Arbez. Dit blyk uit die ondersoek dat Afrikaner-identiteit aan die einde van die 19de eeu meer deur die geskiedenis en vereenselwiging met die volk bepaal is as deur taal. Hollandse koerante en boeke, en nie Afrikaanse publikasies nie, was in die 1890's die vernaamste mondstuk van Afrikaner-nasionalisme. Dit blyk nogtans uit egodokumente uit die Tweede Vryheidsoorlog dat 'n redelik sterk invloed moes uitgeoefen het op die skryftaalkeuse van burgers van die Vrystaat en Transvaal. Die onderwysbeleid van die owerheid het 'n groot invloed gehad op mense se keuse van 'n skryftaal, maar dit was moontlik om met 'n bietjie inspanning van Engels na Afrikaans oor te skakel. Vir sommige Afrikaners met 'n Afrikaanse gesindheid was Hollands 'n oorgangstaal na Afrikaans. Ná die oorlog het Afrikaner-nasionalisme in sterker mate 'n taalgeoriënteerde nasionalisme geword en 'n deurslaggewende rol gespeel om Afrikaanssprekendes teen verengelsing te bewaar. Ten slotte word met voorbeelde aangetoon hoe relevant hierdie kwessies tot vandag gebly het.


With reference to the distinction made by the Genootskap van Regte Afrikaanders (Society of Real Afrikaners) between Afrikaners with English, Dutch and Afrikaans hearts respectively, the author provides an overview of the attitudes held by some Afrikaans writers and other intellectuals towards Afrikaner identity and Afrikaans as a cultural language. The emphasis is on a few Dutch Reformed ministers, Pres. M.T. Steyn, Pres. Paul Kruger, Gen. J.B.M. Hertzog, S.J. du Toit, Marie Koopmans-De Wet, Gustav Preller, C.J. Langenhoven, J.D. Kestell, M.E.R. and D'Arbez. The conclusion is that towards the end of the 19th century, Afrikaner identity was determined more by history and identification with the nation rather than by language. Dutch newspapers and books, not Afrikaans publications, were the foremost vehicles for Afrikaner nationalism in the 1890s. Nevertheless, it is evident from ego documents dating from the Anglo-Boer War (South African War) that must have had a fairly strong influence on citizens of the Free State and Transvaal regarding the choice of a written language. The educational policy of the government also had a significant influence on the choice of a written language, but it was possible to switch from English to Afrikaans with little difficulty. For some Afrikaners with an Afrikaans outlook, Dutch was seen as a transitional language to Afrikaans. After the war, Afrikaner nationalism became more centred on language issues and played a crucial role in preventing the Anglicisation of Afrikaans speakers. Lastly, it is indicated how relevant these issues remain to this day.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/7/2/EJC62253
2010-08-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error