1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - "In die vyand se kraal." Die rol en ervaring van Afrikanervroue in die Women's National Coalition

 

Abstract

Die Women's National Coalition (WNC) is in 1992 amptelik gestig en was 'n inisiatief van die African National Congress Women's League (ANCWL). Die doelwitte van die WNC was om inligting oor vroue se behoeftes en aspirasies in te samel en dit in 'n Vrouehandves saam te vat wat uiteindelik 'n integrale deel van die nuwe grondwet van Suid-Afrika sou word. In hierdie artikel val die soeklig veral op die Afrikanervrou en Afrikanervroueorganisasies wat by die WNC aangesluit het. Die Afrikanervrou het moeilik by die WNC aangepas. Daar was talle praktiese probleme, maar dit was veral haar gebrek aan politieke vernuf en die vyandigheid van swart vroue wat die vergaderings van die WNC gedomineer het wat haar betrokkenheid in die wiele gery het. Daar was wel Afrikanervroue wat hul belewenis van die WNC as volkome positief ervaar het en wat dit as 'n geleentheid gesien het om by vrouebemagtiging en politieke onderhandelinge betrokke te raak. Die meerderheid van die vroue wat by hierdie ondersoek betrek is, was egter onseker en die negatiewe aspekte het hul belewenis van die ondervinding gekleur. Daar was selfs vroue wat slegs die yandigheid onthou het. Oorwegend het die Afrikanervrou nie heeltemal aangepas by die WNC nie en sy was ook nie werklik betrokke nie.


The Women's National Coalition (WNC) was officially founded in 1992 and was an initiative of the African National Congress Women's League (ANCWL). The aim of this organisation was to gather information on women's needs and aspirations, and to draw up a Women's Charter that would become an integral part of the new South African constitution. This article focuses on the Afrikaner woman and Afrikaner women's organisations that joined the WNC. Afrikaner women found it difficult to adapt to circumstances in the WNC. There were numerous practical problems, but it was really their lack of political expertise, combined with the animosity of the black women who dominated the meetings, that impacted negatively on their involvement. There were indeed Afrikaner women who saw the WNC as a positive experience. These women used it as an opportunity to become involved in women empowerment and the political negotiations. However, the majority of women involved in this research were uncertain, and the negative aspects encountered clouded their experience. There were even some women who could recall only the animosity. Ultimately the majority of Afrikaner women did not fit into the WNC and were not really involved.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/7/3/EJC62266
2010-12-01
2016-12-07
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error