1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Generiese merkers in die kortverhaalsiklus : deel 1 : teoretiese uitgangspunte

 

Abstract

Hierdie artikel vorm die eerste deel van 'n tweedelige studie oor die kortverhaalsiklus in Afrikaans, met spesifieke verwysing na (2008) van Willemien Brümmer. Die belangrikste eienskap van hierdie genre is die aanwesigheid van spanning tussen die korter, outonome tekste waaruit die siklus bestaan en die groter, koherente geheel van die bundel. In hierdie artikel, wat die teoretiese onderbou van die studie vorm, word eerstens aandag gegee aan die onderskeid tussen eenheidsbundels en kortverhaalsiklusse. Tweedens word teoretiese genrekwessies rondom die kortverhaalsiklus breedvoerig aan die hand van die beskouings van Ingram (1971), Mann (1989), Dunn en Morris (1995), Lundén (1999) en Nagel (2004) ondersoek om 'n bruikbare omskrywing van die kortverhaalsiklus daar te stel. Laastens word uitgebrei op 'n aantal koherensiemerkers wat volgens Dunn en Morris (1995) skakels tussen afsonderlike verhale in 'n kortverhaalsiklus kan bewerkstellig, naamlik ruimte, 'n enkele protagonis, 'n kollektiewe protagonis, tekstuele patrone en vertelling. Hierdie teoretiese beskouing word in die tweede deel van die studie ("Generiese merkers in die kortverhaalsiklus: Deel 2: 'n Toepassing op van Willemien Brümmer") aangewend in 'n ontleding van om te bepaal hoe die generiese kodes van die kortverhaalsiklus in hierdie teks tot stand kom en wat die effek van die spanning tussen die outonome kortverhale en die groter siklus is. Gesamentlik poog hierdie twee artikels om 'n bydrae te lewer tot "'n beskrywing van en terminologie vir die genre in Afrikaans" (Snyman 2011) deur eerstens 'n kritiese oorsig van internasionale beskouings oor die kortverhaalsiklusgenre te bied en tweedens 'n toepassing daarvan aan die hand van 'n Afrikaanse voorbeeld te onderneem.


This article forms the first part of a two-part study of the short story cycle in Afrikaans with the main purpose being to investigate autonomy and coherence as generic markers in by Willemien Brümmer. This part focuses on theoretical issues pertaining to the genre of the short story cycle, while the second part focuses on the generic markers of This article focuses first on the difference between short story cycles, unified volumes of short stories and short story sequences in the Afrikaans literary tradition. Recently in the Afrikaans tradition there has been an increase in the production of volumes of short stories that are linked in some way, with texts such as (2008) by Willemien Brümmer, (2008) by Corlia Fourie, (2010) by Anna Kemp, (2010) by Nicole Jaekel Strauss, (2010) by Paul C. Venter and (2010) by Marlene van Niekerk. In Afrikaans literary criticism shorter texts that are linked in some way and published in a single volume are usually labelled "eenheidsbundels" (unified volumes). Older examples often mentioned by critics include (1984) by Alexander Strachan, (1966) by Henriette Grové and (1985) by Fransi Phillips. However, when we consider a few examples mentioned by critics, it appears that this is an umbrella term used for a variety of texts displaying various degrees of coherence (of the volume) and autonomy (of the individual short texts).

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/8/2/EJC62299
2011-08-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error