1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Literatuur in die marge : die plek van die middelmoot-literatuur

 

Abstract

Die uitgangspunt van hierdie artikel is dat die sogenaamde middelmoot-literatuur 'n problematiese kategorie binne enige literêre veld is. In die eerste plek veronderstel dit 'n onderskeid tussen "hoë" en "lae" vorme van kultuur/literatuur - 'n onderskeid wat in die postmodernistiese era voorkom. Vervolgens word aangetoon dat smaak in hoë mate sosiaal verankerd in historiese verband is. Die begrip intrinsieke waarde word sterk deur aanhangers van 'n funksionalistiese benadering tot tekste bevraagteken. So 'n benadering gaan daarvan uit dat die begrip letterkunde histories bepaald is en neerkom op individuele oordele van literatore. In hierdie artikel word so 'n benadering as ekstreem bestempel, omdat dit relativisties of "historisisties" (n.a.v. Wellek 1960:10) is. Om die oordeel van wat literêr sou wees totaal oor te laat aan tydgenote, impliseer prysgawe van die eie historiese posisie en veronderstel dat die waarde-oordele van tydgenote aanvaar moet word. In hierdie artikel word 'n tussenin-posisie nagestrewe: die begrip literêr is histories verankerd, maar berus telkens ook op intrinsieke eienskappe van tekste. In die Wes-Europese literatuurteorie sedert die Russiese Formaliste het die opvattings oor hierdie intrinsieke eienskappe gestabiliseer. Daarom kan aanvaar word dat die middelmoot-literatuur nie slegs 'n kategorie is wat buite 'n bepaalde literêre kanon val op grond van ekstrinsieke oorwegings nie, maar ook intrinsiek onderskeibaar is van wat op 'n gegewe moment as "literêr" beskou word. In die artikel word uitgegaan van die hipotetiese aanname dat die middelmoot-literatuur nie net die literêre sisteem en kanon wil binnedring deur die volg van bepaalde strategieë nie, maar dat dit ook dikwels vanuit die periferale posisie wat dit binne 'n literêre veld inneem, kommentaar lewer op die kanon. Drie Afrikaanse romans uit verskillende historiese periodes word vervolgens ontleed as voorbeelde van sodanige "terugskryf" teen die kanon.


The article is based on the assumption that any literary system or literary field (which are treated here as synonyms) consists of different entities or components that are dedicated to establishing clear boundaries and even hierarchy. Within this system there is a canon based on inclusion and exclusion. These in- and excluding mechanisms are based on poetic and ideological viewpoints, therefore also on aesthetic judgements. It is especially "middlebrow" (Dutch middelmaat; Afrikaans middelmoot) literature that has always been seen as a disguised threat to the established canon. In any given literary system the ratio of "middlebrow" literature to "high" literature is problematic, because it relates to the way culture is considered and the value that is placed on the discernment of such a specific category - one that essentially constitutes a compromise (between "high" and "low"). Middlebrow refers to culture that is neither high nor low. Yet the concept is clearly negative in nature, as evidenced by Virginia Woolf's unsent letter to the New Statesman in the '30s of the 20th century, which was included and published in The death of the moth and other essays (1942), in which she sees the "middlebrow" as an intellectually inferior group compared with those groups that are actually cultivated. The term highbrow is synonymous with intellectual and always carries the connotation of the elite and "high" culture.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/8/2/EJC62300
2011-08-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error