1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - 'n Jungiaanse perspektief op die reekstekeninge van 'n seksueel mishandelde kind

 

Abstract

'n Groot aantal kinders is slagoffers van seksuele mishandeling. Hierdie slagoffers presenteer met 'n wye verskeidenheid biopsigososiale gevolge wat hulle sosiale en emosionele ontwikkeling strem. Dit impliseer dat terapeutiese hulpverlening vir hulle noodsaaklik is. Die studie behels 'n ondersoek na die potensiële psigiese helingsproses van 'n kind as gevolg van tekeninge wat sy tydens die terapeutiese proses gemaak het nadat sy aan die trauma van seksuele mishandeling blootgestel was. Die tekeninge is in 'n reeks gedoen en dit word vanuit die Jungiaanse paradigma verken, beskryf en verklaar. Volgens die Jungiaanse paradigma is die psige in staat om homself te heel indien die regte psigologiese klimaat bestaan, in hierdie geval die skep van 'n reeks prente in die teenwoordigheid van 'n terapeut. Die instrumentele gevallestudie is as navorsingsmetode benut, aangesien daar op slegs een respondent gefokus word om ondersoek in te stel na die impak van die toepassing van 'n intervensiemodel. Die gevallestudie as navorsingsmetode het sekere tekortkominge, soos byvoorbeeld min respondente en geen kontrolegroepe nie. Bevindinge kan gevolglik nie veralgemeen word nie. Daar is bevind dat die seksueel mishandelde kind se simptome in remissie was na die benutting van die reekstekeningmodel as intervensiemetode. Verskeie alternatiewe verklarings van die seksueel mishandelde kind se gedrag, soos byvoorbeeld verhoogde aandag, word ook bespreek.


The theory of the Jungian paradigm and the serial drawing model were discussed in a previous article (Van Wyk 2010). In this article the theories on the series of drawings that were created by a sexually abused child are applied by analysing the symbols in the pictures.
Sexual abuse is a global phenomenon. It is described as any sexual act between an adult or older child and a minor who is unable to consent to such a deed. These sexual acts can include physical contact (for example, inappropriate touching) or non-physical contact (for example, the displaying of pornographic material), or a combination of the two. This can result in various biopsychosocial consequences for the victim, among which could be behavioural, emotional and somatic problems. As sexual abuse can lead to various psychosocial consequences for the victim, therapeutic intervention is necessary.
The purpose of the study is to investigate the potential therapeutic impact of the creation of a series of drawings by a sexually abused child. This is addressed through the drawings that the sexually abused child creates during the therapy session, and which are described according to the Jungian paradigm by analysing their symbolism.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/8/3/EJC62308
2011-12-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error