1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Stellenboschstudente se rol in die vestiging van Afrikaans as onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch

Volume 8, Issue 3
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Die Afrikaanse literatuur gee uitgebreide aandag aan die geskiedenis van die pioniers van Afrikaans. Die belangrike rol van die jong studente aan die destydse Victoria Kollege op Stellenbosch kry egter weinig aandag. In werklikheid het hulle 'n groot rol in die vestiging van Afrikaans as die onderrigtaal aan die Universiteit Stellenbosch gespeel. Studente het reeds in 1911 vir Hollands/Afrikaanse onderrig en eksamens en die stigting van 'n onafhanklike universiteit op Stellenbosch, wat toe nog net 'n idee was, gevra waar Hollands/Afrikaans tot sy volle reg sou kom. Dit is twee jaar voor die Raad en Senaat amptelik om 'n Hollands/Afrikaanse universiteit gevra het. Die ontwaking van 'n taalbesef by klein groepe studente, soortgelyk aan die Vlaamse Studentebeweging in België, dateer terug na so vroeg as 1875 en ontwikkel sistematies in die vyftig jaar daarna. Die stigting van 'n pro-Nederlandse taalvereniging, Ons Spreekuur, in 1895 en 'n pro-Afrikaanse Afrikaanse Taalvereniging (ATV) in 1907 weerspieël die betrokkenheid van die jong studente en hulle soeke na 'n eie identiteit en rol. Die feit dat die Nederlandse en Afrikaanse taalorganisasies in 1909 mekaar die hand reik in die stigting van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Taal en Lettere motiveer die studente om die eerste Studentetaalkonferensie van 6 tot 7 April 1911 op Stellenbosch te organiseer. Dit toon die rol van studente en oudstudente wat almal later sleutelrolle op Stellenbosch en in Suid-Afrika sou speel. Die huidige aanspraak dat Jannie Marais, die weldoener wat die stigting van 'n universiteit op Stellenbosch moontlik gemaak het, 'n ondersteuner van 'n tweetalige universiteit op Stellenbosch was, word weerlê deur 'n uiteensetting van sy rol in die taalbeweging.


In Afrikaans literature the pioneers of the Afrikaans language movement are given ample attention, but the important role of the young students at the then Victoria College in Stellenbosch is neglected. They actually played a vital role in establishing Afrikaans as the language of instruction at Stellenbosch University. As early as 1911, two years before the Council and Senate presented their official request for a Dutch/Afrikaans university, the students had already called for an independent university in Stellenbosch with examinations and teaching in Afrikaans.
Education in Stellenbosch during the 19th century took place predominantly in English. The Stellenbosch Gymnasium, founded in 1866 as a boys' school, was granted the right to offer a BA degree and became a college of the University of the Cape of Good Hope in 1873. It was an examining body, not a teaching university. An arts department was added to the boys' school in 1874-5, which became the Stellenbosch College, renamed Victoria College in 1887 to honour Queen Victoria's golden jubilee.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/8/3/EJC62310
2011-12-01
2017-04-27

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error