1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - 'n Oorweging van die sosiopolitieke kragte wat inwerk op die betekenis en toepassing van die diskresionêre taalklousule van die Suid-Afrikaanse grondwet : geesteswetenskappe

Volume 9, Issue 1
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

In 'n bydrae in (ter perse) is uiteengesit dat die taalbepalings, hierna "die taalklousule" genoem, vervat in artikel 6 van die Suid-Afrikaanse grondwet 'n sterk diskresionêre karakter het. Die gesaghebbende interpreterende gemeenskap van hierdie bepaling, wat hoofsaaklik kom vanuit die huidige toonaangewende Afronasionalistiese stroming in Suid-Afrika, het derhalwe aansienlike beweegruimte om by wyse van hulle besondere vertolking van hierdie klousule konkrete inhoud daaraan te verleen. Teen hierdie agtergrond is dit van groot belang om te bepaal wat die sosiopolitieke kragte is wat in daardie geledere werksaam is en wat gevolglik die konkrete inhoud van die bepaling via die interpretasie daarvan bepaal. In hierdie ondersoek word aangetoon dat dieselfde kragte wat in Suid-Afrika werksaam is, eweneens elders in Afrika aan die werk is. Die belangrikste van hierdie kragte word vervolgens geïdentifiseer en ontleed. Daar word in die besonder op vier hiervan gefokus: die kunsmatigheid van die staat in Afrika; die aard van politieke bewussyn in Afrika in samehang met die aard van Afrika-nasionalismes; die populêre oortuiging dat Engels (en die ander koloniale tale), anders as die inheemse tale, die weg baan om ekonomiese en sosiale aspirasies te verwesenlik, en gevolglik ook as voertaal in die onderwys verkies word; en laastens, dat die Afrikatale distansiërend met premoderniteit verbind word teenoor Engels (en die ander koloniale tale) wat vereenselwigend met modernisering en vooruitgang verbind word. Al vier hierdie kragte werk sterk ten gunste van Engels en verengelsing, en teen die Afrikatale. Indien die Suid-Afrikaanse grondwet oor 'n taalklousule beskik het wat in besonderhede uiteengesit het op welke wyse die inheemse tale hanteer en bevorder moet word, kon dit 'n belangrike rol gespeel het om hierdie tale te ondersteun en verengelsing teen te werk. Die diskresionêre taalklousule het egter juis die teenoorgestelde uitwerking deur as't ware die werking van hierdie kragte aan te help in plaas daarvan om dit te verswak.


Section 6 of the Constitution of the Republic of South Africa (the official language clause) provides for eleven official languages. It then proceeds to create what on a proper analysis amounts to a broad discretion for organs of state in relation to the actual treatment of the official languages. (This aspect is fully explored in an article "The discretionary nature of the official language clause", 2011, forthcoming). The way in which this discretion has been exercised (in conjunction with some other factors) has decisively steered South Africa in the direction of an official English monolingual state in all domains of official language use.
The question which this article seeks to answer is why this has been happening. To answer the question one needs to identify the forces that are causing organs of state to exercise their discretion in this monolingual English fashion. The discretionary official language clause has created space for these forces to determine the actual content of the official language dispensation in South Africa. The same forces have also exerted a similar influence elsewhere in African continent. The foremost of these forces are identified and assessed.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/9/1/EJC120268
2012-03-01
2017-03-28

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error