1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Integrasie van artikulatoriese en akoestiese eienskappe van vokale : 'n beskrywingsraamwerk : geesteswetenskappe

 

Abstract

Die hoofdoel van hierdie artikel is om 'n raamwerk te ontwikkel wat gebruik kan word vir die beskrywing, ontleding en interpretering van die vokale, natuurlike klasse vokale, soos byvoorbeeld die gemerkte geronde vokale, asook volledige vokaalsisteme, van enige taal, in ons geval hoofsaaklik Afrikaans. Vokale word onder meer beskryf in terme van die manier waarop dit geproduseer word, dit is in die artikulatoriese fonetiek. Daarvan bestaan daar etlike goeie voorbeelde wat betref Afrikaans, maar geen omvattende behandeling van die akoestiese eienskappe van Afrikaanse vokale nie. Dit is anders gestel in die geval van Nederlands, en dit kan baie kan bydra tot die ontwikkeling van sodanige beskrywing in akoestiese terme. In hierdie bydrae probeer ek om hierdie gapings te vul. Wat betref die artikulatoriese, kyk spesifiek hier na die interaktiewe vokaalkaart deur op http://www.nwu.ac.za/af/content/ctext-vokaalkaart te klik, en die aanduidings daar te volg. Hier kan mens nie net hoor hoe 'n spesifieke vokaal klink nie, maar mens kan ook 'n magnetiese resonansbeeld (MRI) van die mondkanaal (insluitende die posisies van die tong en vorm van die lippe) daarvan sien.


Ek gee die meeste aandag aan die akoestiese eienskappe van vokale. Juis omdat dit nie vir spesifiek die Afrikaanse vokaalsisteem bestaan nie, maak ek ruim gebruik van die meer gevorderde Nederlandse literatuur, maar ook die uitspraak self van die Nederlandse vokale. Die voordeel hiervan is dat daar 'n groot ooreenkoms is tussen die vokale van hierdie twee tale. Vokaalparameters wat toegelig word, is duur, intensiteit, grondfrekwensie (F0), en die vokaalformante (F1, F2, F3), asook die bandwydte van F1. Kort vokale kan met behulp van slegs hierdie stel parameters ontleed word, maar vir die lang, middelhoë vokale, wat geneig is om te diftongeer, is die gradiënt waarteen hulle vokaalformante verloop, ook van groot belang. Hierdie aspek van vokale kry spesiale aandag. In hierdie artikel lig ek 'n spesifieke vokaalontledingsprogram, (Van der Walt en Wissing 2004) toe, en wys op die sterkpunte daarvan vergeleke met ander metodes soos wat dit in die vakliteratuur gevind word.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/9/2/EJC125883
2012-08-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error