1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - 'n Inligtingstegnologie-gesentreerde gebruikerskoppelvlak vir navorsingsdoeleindes binne die geesteswetenskappe met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde : geesteswetenskappe

 

Abstract

Die inligtingsontploffing is 'n bekende probleem wat alle instansies konfronteer wat betrokke is by inligting- en kennisbestuur, insluitend akademiese navorsing en militêre intelligensie. In 'n groot mate te danke aan die astronomiese Amerikaanse verdedigingsbegroting (in 2009 was die Amerikaanse intelligensie-begroting alleen $48 miljard (Aldrich 2009:889)), is militêre intelligensie aan die voorpunt van tegnologiese ontwikkeling wat betref inligtingsbestuur, en aangesien die akademiese navorser ook gekonfronteer is met die "datastortvloed", is die lesse wat geleer word in militêre intelligensie ook nuttig vir die akademiese gemeenskap. Hierdie artikel integreer militêre-intelligensie-tegnologie en konsepte binne die raamwerk van die militêre-intelligensie-siklus met die navorsingsproses ten einde die kwantitatiewe en kwalitatiewe voordele te illustreer wat die uitgebreide inlywing van inligtingstegnologie vir navorsingsdoeleindes in die geesteswetenskappe inhou, met spesifieke verwysing na die Afrikaanse letterkunde. Dit word aangevoer dat konsepte van militêre intelligensie van toepassing is op akademiese navorsing, spesifiek die gebruik van data-ontginning, visualisering en sosiale-netwerk-analise (SNA). Die skema wat deur Pirolli en Card (2005:3) ontwikkel is, word gebruik in samewerking met NAVO se intelligensiesiklus om 'n proses uiteen te sit waarin inligtingstegnologie opgeneem is in elke fase van die navorsingsproses: beplanning, versameling, ontleding, en verspreiding. Sommige militêre-intelligensie-ontledingsprogrammatuur word getoets en bespreek, terwyl goedkoper (en gratis) weergawes ook gebruik word om die voordele van die integrasie van hierdie programmatuur vir navorsingdoeleindes te beskryf, en neem hierdeur Senekal (2011) se voorstelle heelwat verder. Uiteindelik argumenteer die artikel vir 'n wyespektrum-integrasie van inligtingstegnologie in akademiese navorsingsaktiwiteite, en illustreer die potensiaal van inligtingstegnologie met 'n aantal voorbeelde waardeur tendense binne die Afrikaanse literêre sisteem voorlopig geïdentifiseer en visueel verteenwoordig word. Die artikel maak egter geen literêre bewerings op sigself nie: dit maak bloot voorstelle oor hoe inligtingstegnologie gebruik kan word om navorsing te doen in die Afrikaanse letterkunde in die 21ste eeu.


The information deluge is a well-known problem that confronts all institutions involved in information and knowledge management, including academic research and military intelligence. The terrorist attacks on the World Trade Center in New York on 11 September, 2001 highlighted the problem of integrating vast amounts of data in a coherent manner, and in response the US intelligence community in particular has sought to develop software applications to process the data deluge more efficiently. While computer platforms are continually being developed to store and manage larger amounts of information, human development lags behind because of limited "scalability". Roberts (2011:9) states, "Although it is a matter of time [...] before the fundamental limitations of physics are encountered in computer and graphics technology, we are asymptotically approaching the limits of human capability to process data that are collected." As early as 1996 Geyer (1996:xxiii) identified this problem as the postmodern manifestation of meaninglessness within Seeman's (1959) model of alienation and argued that we need to develop "adequate new scanning mechanisms to gather the goal-relevant information one needs, as well as more efficient selection procedures to prevent being overburdened by the information one does not need, but is bombarded with on a regular basis".

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/9/2/EJC125891
2012-08-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error