1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Die impak van revisie op vertaalde eksamenvraestelle in 'n hoëronderwysomgewing : geesteswetenskappe

Volume 9, Issue 2
  • ISSN : 1995-5928

 

Abstract

Die onakkurate vertaling van eksamenvraestelle in 'n hoëronderwysomgewing kan studentesukses benadeel, byvoorbeeld as die vertaling dubbelsinnig is of as onbekende terminologie gebruik word. Een van die metodes om vertalings van hoë gehalte te verseker, is om die konsepvertaling wat deur 'n eerste vertaler geskep is deur 'n tweede vertaler te laat nagaan. Hierdie prosedure word revisie genoem en die doel daarvan is om moontlike foute uit te skakel en die gehalte van die konsepvertaling te verbeter. Empiriese studies (Arthern 1983; Künzli 2006 en 2007) toon egter dat die tweede vertaler (reviseur) nie net soms van die eerste vertaler se foute oorsien nie, maar nuwe foute maak en selfs die gehalte van die vertaling kan verlaag. Die tweeledige doel van die loodsstudie wat in hierdie artikel beskryf word, is om te bepaal watter impak revisie op die gehalte van vertaalde eksamenvraestelle in 'n hoëronderwysomgewing het en om die kostedoeltreffendheid van revisie te bepaal. Twee konsepvertalings is deur vier reviseurs nagegaan met die opdrag om enige foute uit te skakel en die gehalte van die konsepvertalings te verbeter. Hierdie "verbeterde" weergawes en die konsepvertalings (sonder revisie) is aan drie evalueerders gestuur. Die evalueerders het die vertalings geëvalueer met behulp van 'n assesseringsinstrument (Colina 2009) wat op grond van die funksionalistiese vertaalbenadering (Nord 1997, 2002 en 2005) ontwikkel is. Die resultate toon dat revisie 'n groter impak op 'n swak konsepvertaling as op 'n goeie konsepvertaling het, maar dat 'n ervare reviseur nie noodwendig 'n beter vertaalproduk lewer as 'n onervare reviseur nie. Dit is ook duidelik dat revisie nie altyd kostedoeltreffend is nie, aangesien reviseurs tyd aan revisie afstaan, selfs al verbeter dit geensins die gehalte van die vertalings nie. Die artikel bevestig die behoefte aan duideliker riglyne vir revisie, asook verdere navorsing oor verskillende revisiemetodes.


The inaccurate translation of examination papers in a higher education environment can have a detrimental effect on student success, for example if the translation is ambiguous or if incorrect terminology is used. One method of ensuring high-quality translations is to have the draft translation created by a first translator checked by a second translator. This process is known as revision and its aim is to eliminate possible errors and to improve the quality of the draft translation. Revision has become more prominent since being mentioned pertinently as one of the quality assurance methods in two overseas quality standards that are aimed specifically at translation services. These are the German , which was introduced in 1998 (Chesterman and Wagner 2002:84) and the European (Biel 2011:62) which replaced it in 2006. Both quality standards mention a number of steps that can be taken to ensure the quality of the translation product. While emphasises the importance of revision (IAMLADP 2004:2), goes one step further by establishing this procedure as an obligation. The latter quality standard is currently being implemented in about 30 countries, including Belgium, France, Germany, the Netherlands and the United Kingdom (CEN 2009).

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/9/2/EJC125894
2012-08-01
2017-03-27

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error