1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - 'n Wêreldklasuniversiteit in Suid-Afrika : ideaal, wenslik, haalbaar, werklikheid, hersenskim? : geesteswetenskappe

 

Abstract

Hierdie artikel ondersoek Suid-Afrikaanse hoër onderwys met betrekking tot die strewe na die vestiging van wêreldklasuniversiteite, wat in baie lande van die wêreld nagestreef word. Die artikel begin met 'n begripsverheldering van die woord , en by gebrek aan 'n definisie in die wetenskaplike literatuur word 'n model van 'n wêreldklasuniversiteit gebou wat dien as verwysingsraamwerk vir die res van die ondersoek. Die woord verwys na 'n komplekse verskynsel, met baie faktore. Die beste beskikbare instrumente om die wêreldklasstatus van universiteite mee te meet is die talle universiteitsgraderingstelsels wat in omloop is, ofskoon hulle almal ontoereikend is en nie reg laat geskied aan die kompleksiteit van die begrip van 'n wêreldklasuniversiteit nie. Selfs aan 'n streng maatstaf gemeet, beskik Suid-Afrika oor universiteite wat as wêreldklasuniversiteite kwalifiseer. Die aandrang vir die uitbouing van wêreldklasuniversiteite is in Suid-Afrika net so dringend aanwesig as elders ter wêreld; tog sal 'n verdere summiere konsentrasie van openbare hulpbronne ter bevordering van wêreldklasuniversiteite onwys wees, gesien in die lig van sekere kontekstuele werklikhede. Die behoefte aan uitbreiding en diversifikasie is sterker in die laer strata van die hoëronderwyspiramide, ten einde uitsig en uitkoms te bied aan die groeiende getal werklose jeugdiges. In dié verband skyn gemeenskapskolleges die mees belowende model op die internasionale hoëronderwyslandskap te wees. Met sterk aandrang om sowel wêreldklasuniversiteite as minder eksklusiewe vorme van hoër onderwys uit te bou, is die voor die hand liggende oplossing om die privaatsektor toe te laat om 'n groter rol in hoëronderwysvoorsiening te speel. Internasionale ondervinding toon ook dat die gedagte van 'n Afrikaansmedium- en/of missiegedrewe wêreldklasuniversiteit nie 'n hersenskim hoef te wees nie.


There are currently visibly in many countries across the world an ideal and serious attempts to establish a world-class university. As examples could be cited China's Project 211 of 1993, succeeded by Project 985 in 1998 (Manzon 2008:213), Education City in Doha, Qatar (Wildavsky 2010:55) and a project in Germany (Fallon 2008:16).
The objectives of the research reported in this article were the following:
  • What is a world-class university (definition, criteria, conceptual clarification)?
  • How do South African universities weigh up against the ideal of a world-class university?
  • Is the establishment of a world-class university in South Africa desirable?
  • Is the establishment of a world-class university in South Africa attainable?
  • Which opportunities and stumbling blocks exist in South Africa in the way of the realisation of a world-class university?
  • Would an Afrikaans-medium world-class university be a possibility or a contradiction in terms?
The method of comparative education has been followed here. The method entails the distillation of suggestions for the improvement of the local education system from a contextualised comparison with educational experience abroad.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/9/2/EJC125897
2012-08-01
2016-12-09
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error