1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Gemeenskap vandag. Ontologie, abstraksie en plek : geesteswetenskappe

 

Abstract

In die artikel word op 'n histories-spekulatiewe wyse nagedink oor die begrip , en in die besonder oor die krisis waarin gemeenskap sigself in die moderne en laat-moderne wêreld bevind. Ter wille daarvan om 'n hermeneutiese sleutel te ontwikkel met behulp waarvan genoemde krisis onder woorde gebring kan word, word in die eerste deel van die artikel breedvoerig stilgestaan by 'n hedendaagse interpretasie van die Platonies-Aristotelies-Christelike tradisie. In die besonder word gefokus op die ontologie ten grondslag van laasgenoemde en veral op die feit dat dit die werklikheid self as 'n deelnemende gemeenskapsgebeure verstaan het. Hiervolgens word die werklikheid gekenmerk deur die wederkerige samespel tussen die "ekstatiese" en die "substantiewe" (oftewel die gemeenskap tussen die "transendente ander" en die "immanente self"). Met behulp van laasgenoemde uiteensetting word in die tweede afdeling gefokus op enkele belangrike strukturele eienskappe van die modernisme. In die besonder word gefokus op die feit dat die modernisme poog om die ontologie van die tradisie weg te doen deur die "substantiewe" (of die "immanente self") vanuit die werklikheid as gemeenskapsgebeure te abstraheer en tot 'n selfstandige - selfstaande, outonome - entiteit uit te roep. In en deur dié abstraksie van die self uit sy ekstatiese verhouding met die ander is die idee-historiese voorwaardes neergelê vir die hedendaagse verskynsel van die vryswewende individu. Laasgenoemde rig sy lewe nie meer in ooreenstemming met die gemeenskap in nie, maar in ooreenstemming met sy private keusevryheid. In die laaste afdeling word met behulp van die ontleding van die modernisme kortliks gefokus op 'n hedendaagse gemeenskap, te wete die Afrikaners. In die besonder word aangevoer dat die Afrikaners as kultuurgemeenskap reeds vanaf hulle vroeë historiese oorsprong gekenmerk word deur die dubbelsinnige aanwesigheid van sowel die tradisionele opvatting van gemeenskap as die moderne afwesigheid daarvan. Vanaf hulle vroegste oomblikke bevind hulle hulle tussen die aansprake van die tradisie en die moderne klem op die keusevryheid van die individu. Laasgenoemde word geïllustreer by wyse van die spanning in hulle politieke denke tussen die tradisionele beroep op 'n transendente ander en die moderne oproep tot outonome selfstandigheid, maar ook by wyse van die verwikkelde samespel tussen die moderne klem op "ruimte" en 'n tradisionele sin vir "plek". Die krisis van gemeenskap onder Afrikaners kan vanuit hierdie tussentoestand tussen tradisie en moderniteit waarin hulle hulle altyd alreeds bevind, verstaan word.


This paper is a historical-speculative attempt to rethink the meaning of the concept of within the context of the crisis that communities are faced with in modern and postmodern society regarding what it means to be a community as such.
The first part of the article links up with a contemporary interpretation of the Platonic-Aristotelian-Christian tradition and its understanding of "community". By means of an appeal to tradition as interpreted by theologian and philosopher David L. Schindler the underlying ontological premises of the above-mentioned crisis are explored. It is argued that tradition understood "being" in dramatic terms as a participatory event, i.e. an event marked by the duality-in-unity of the transcendent and the immanent. Being () does not happen otherwise than in and through immanent beings' reaching out and participation () in transcendent being. Understood as a communal event, being shows itself in terms of three structural modes, namely being as "being from" (), "being in" () and "being to" (). In terms of the communal movement between these structural modes of being, the latter is experienced not only as a gift from sources beyond the subject (), but also as marked by its own substance, essence or nature (), as well as a thankful response in the form of a virtuous return () to the same sources of origin. In terms of the communal logic that characterises being, the relationship between the two ecstatic modes of being ( and ) and substantial being () is marked by reciprocity. The ecstatic and the substantial do not exclude each other, but are mutually dependent.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/9/3/EJC129812
2012-12-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error