1887

oa Litnet Akademies : 'n Joernaal vir die Geesteswetenskappe, Natuurwetenskappe, Regte en Godsdienswetenskappe - Dae in die lewens van vrywillige werkers : belewenisse van studente-vrywilligers : geesteswetenskappe

 

Abstract

Die doel van hierdie studie was om vas te stel wat ons studente in die kursus terapeutiese sielkunde aan Unisa beleef tydens hul vrywillige werk wat deel van hierdie kursus vorm. Kwalitatiewe navorsing is gedoen deur 'n groep studente se opstelle te ontleed. Hierdie data is gebruik om temas te identifiseer binne die paradigma dat daar meervoudige werklikhede bestaan. Studente het oorwegend gerapporteer dat hulle positiewe gevolge van hul vrywillige werk beleef het, wat ooreenstem met bestaande navorsing. 'n Paar teorieë, byvoorbeeld die eksistensiële teorie en die sosiale-identiteitsteorie, wat hierdie positiewe uitwerking op vrywilligers verklaar, word kortliks bespreek. Verskeie temas is uit die data geïdentifiseer, wat onder die bevindings bespreek word. Die belangrikste sielkundige uitwerking op die studente was dat hulle persoonlike verandering en ontwikkeling beleef het as gevolg van die vrywillige werk en dat hulle waardevolle lesse geleer het oor hulleself, oor die lewe en oor hulle kliënte. Hulle het ook besef dat terwyl hulle ander gehelp het, hulle self ook op sielkundige gebied gehelp is. Ander positiewe gevolge is 'n gevoel dat hulle iets bereik het en dat hulle die teorie van die kursus in die praktyk kon omsit. Studente het finansiële opofferings gemaak en hulle vrye tyd opgeoffer om hierdie werk te kon doen. Die niemateriële beloning wat hulle ontvang het, het dit egter die moeite werd gemaak: hulle het gevoel hulle is van waarde, omdat hulle daartoe bygedra het om ander mense te help. As gevolg hiervan het die meeste navorsingsdeelnemers gerapporteer dat hulle lewens betekenis gekry het. Sommige het ook 'n identiteit van 'n helpende persoon ontwikkel en het sosiaal ingeskakel gevoel. Hierdie navorsing het bevestig dat studente buiten teoretiese kennis, ook praktiese ondervinding moet kry. Hierdie ondervinding het hulle positief beïnvloed en hulle het daardeur ook 'n bydrae tot hul gemeenskappe gelewer.


The aim of this study was to find out how students are influenced by the volunteer work they do as part of a course in therapeutic psychology at the University of South Africa (Unisa). It was accepted that students' volunteer work would contribute to their theoretical knowledge (according to the widely accepted educational principle of learning by doing - see Niu 1994:2) and that they would serve their communities by doing this work. Furthermore, it became clear from the literature and from contact with the students that volunteers do not only influence other people and their communities, but that the volunteering has an influence on them. The lecturers of this course had not yet done any research on the effects of volunteering on the students and it became necessary to find out what our students experience when doing volunteer work and how it affects them. The research question, therefore, was: What are the effects of volunteering on our students who do voluntary work as part of the course in therapeutic psychology at Unisa?
The rationale for this study developed from the need to know more about what our students experience when doing voluntary work, and from the paucity of especially South African research on volunteering, especially the psychological effects of voluntary work on volunteers, and more specifically student volunteers.
For the purpose of this study, is defined as "the giving of students' time, energy and money to the advantage of other people and their communities without being remunerated". The main aspect of this definition is the non-remuneration aspect.
Qualitative research was done by analysing students' essays on their volunteer work. On the course web page students were asked to submit essays, voluntarily, of one to two pages on the topic: "A day in the life of a volunteer worker". They were asked to write about their volunteer work as if it happened in one day, even though it happened over a longer period. They were further asked to pay special attention to what they experienced, especially emotionally. Although they reported on their voluntary work in compulsory assignments, the aim with this request was to gather more comprehensive ("rich") data on their experiences and to analyse it systematically.

Loading

Article metrics loading...

/content/litnet/9/3/EJC129818
2012-12-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error