1887

n Journal of Literary Studies - Shadowing Afrikaner nationalism : jungian archetypes, incest, and the uncanny in Marlene van Niekerk's

USD

 

Abstract

Marlene van Niekerk se roman <i>Triomf</i> dramatiseer 'n politieke en psigologiese krisis in Afrikanernasionalisme in die tyd voor die 1994-verkiesing. Indien 'n mens 'n psigoanalitiese benadering tot hierdie postkoloniale vertelling sou volg, sou jy 'n teoretiese begrip kon vorm van hoe die interne geweld wat deur die nasionalistiese Afrikanerkultuur voortgebring is, uitwaarts geprojekteer word. Indien 'n mens Van Niekerk se roman as 'n psigologiese allegorie sou lees, sou jy haar karakters kon interpreteer as verteenwoordigend van komponente van 'n denkbeeldige Afrikanerbewussyn - 'n psige wat worstel om die geskiedenis van apartheid en 'n utopiese nasionalistiese identiteit te verwerk. Deur Jungiaanse argetipes op die roman se karakters oor te ent, kan ons oor die verwantskap van bepaalde psigiese komponente van 'n nasionalisties georiënteerde bewussyn teoretiseer, en indien ons ons tot Freud se teorie van die onheilspellende wend, kan ons die stryd tussen hierdie komponente begin verstaan. Van Niekerk lei haar lesers weg van die gemitologiseerde verlede van Afrikanernasionalisme in die rigting van 'n meedoënlose konfrontasie met 'n onderdrukte, gewelddadige geskiedenis.

Marlene van Niekerk's novel &lt;i&gt;Triomf&lt;/i&gt; dramatises a political and psychological crisis in Afrikaner nationalism at the time leading up to the 1994 elections. Taking a psychoanalytic approach to this postcolonial narrative, one may construct a theoretical understanding of how &lt;i&gt;internal&lt;/i&gt; violence induced by a nationalist Afrikaner culture is projected outward. Reading van Niekerk's novel as a psychological allegory, one may interpret her characters to be representative of components of an imaginary Afrikaner consciousness - a psyche struggling to come to terms with the history of apartheid and a utopian nationalist identity. By mapping Jungian archetypes onto the novel's characters, we can theorise about the relationality of particular psychic components of a nationalistically oriented consciousness, and turning to Freud's theory of the <i>uncanny, &lt;/i&gt; we can come to understand the struggle between these components. Van Niekerk leads her readers away from the mythologised past of Afrikaner nationalism, and toward a grim confrontation with a repressed, violent history.

Loading

Article metrics loading...

/content/litstud/22/1_2/EJC62405
2006-06-01
2016-12-02
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error