1887

n Transactions of the Centre for Business Law - 'n Regsvergelykende ondersoek. Hoofstuk 3

USD

 

Abstract

Een van die vernaamste oogmerke van 'n regsvergelykende ondersoek is om te bepaal of sekere bepaalde vreemde stelsels oplossings, of minstens riglyne, bied wat nuttig kan wees om die eie reëling uit te bou of om gebreke daarin aan te vul. Hierdie is dan ook die vernaamste oogmerk van so 'n studie in die onderhawige hoofstuk.


'n Ander aspek wat ook deur die regsvergelyking na vore gebring word, is die toenemende invloed wat die Europese Unie het op die stelsels van lidlande van die Unie. Hierdie invloed word duidelik weerspieël in wysigings in die statuutreg van lidlande om bepaalde voorskrifte wat in geratifiseerde Direktiewe vervat is, te akkommodeer met die doel, om onder andere, maatskappyereg te harmonieer. Hierbenewens is 'n voorstel vir 'n Europese maatskappy aan lidlande voorgelê en hoewel hierdie voorstel 'n stormagtige geskiedenis het, is dit waarskynlik dat dit mettertyd wel aanvaar sal word. Weens die invloed wat die Europese Unie op kontinentale sowel as Anglo-Amerikaanse stelsels het (tesame met die groter wordende entiteit bekend as die sogenaamde Enkele Europese Mark en meegaande gesagsfeer), is dit nodig om ook aan die Europese Unie aandag te skenk. Die toenemende handelsverkeer tussen Suid-Afrika en haar handelsvennote in die Europese Unie en die moontlike invloed op die plaaslike stelsel van vereistes wat vir voortgesette handel gestel kan word, maak dit verder wenslik om aandag aan die Europese Unie te skenk.

Loading

Article metrics loading...

/content/medsor/2004/36/EJC74021
2004-01-01
2016-12-06
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error