- Home
- A-Z Publications
- Transactions of the Centre for Business Law
- Previous Issues
- Volume 2007, Issue 41, 2007
Transactions of the Centre for Business Law - Volume 2007, Issue 41, January 2007
Volume 2007, Issue 41, January 2007
-
Voorwoord
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp V –VI (2007)More LessRegtens kan 'n moratorium omskryf word as 'n regsweldaad in die vorm van 'n vertraging oftewel 'n uitstel van verpligtinge van owerheidsweë verleen aan diegene wat vanweë besondere omstandighede nie in staat is om daardie finansiële en ander verpligtinge reëlmatig na te kom nie.
-
Inleiding : Hoofstuk 1
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp 1 –11 (2007)More LessDie ingewikkelde en eng verweefde krediet-ekonomie van moderne kapitalistiese stelsels is gevestig op 'n fondament van publieke vertroue, waarvan 'n haalbare, standhoudende en ewewigtige sisteem van regsreëls ten aansien van veral die vermoënsregte van individue 'n onmisbare bindstof vorm.Word hierdie fondament egter geskud deur twyfel oor die ekonomiese gesondheid of standvastigheid van die struktuur, bly die positiewe werking van bindingspotensiaal van die regsreëls ook nie ongeaffekteer nie. Inteendeel, dit kan selfs as 'n wesenlike bron van swakheid en ametrie dien. Dit kan die struktuur so rigied saambind dat die gevaar van ineenstorting imminent en onafwendbaar is, tensy die sisteem aan 'n mate van verslapping onderwerp word. Die aanvaarding van 'n beginsel van elastisiteit of toeskietlikheid, wat in normale omstandighede die vrye vloei van krediet nadelig kan affekteer, word 'n noodsaaklikheid in krisistye. Vir talle eeue lank, moontlik selfs oor 'n tydperk van bykans twee millenia, het die Westerse beskawing van buitengewone deviese of billikheidsremedies gebruik gemaak om diegene tegemoet te kom wat as gevolg van omstandighede buite hul beheer nie in staat is om hul verpligtinge reëlmatig na te kom nie en om sodoende metdien 'n ineenstorting van die onderliggende kredietstruktuur van die volkshuishouding te besweer. Hierdie deviese of regsfigure staan generies bekend as moratoria, hoewel almal nie noodwendig streng regstegnies as sodanig te tipeer is nie.
-
Regshistoriese oriëntering : Hoofstuk 2
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp 12 –15 (2007)More LessDie gebruik om 'n moratorium te verleen of af te kondig, is dikwels ietwat onbestemd nagespeur tot die vroegste geskrewe geskiedenis van die Westerse beskawing. Veral oorloë en natuurrampe soos droogtes, oorstromings, epidemies en groot brande is geïdentifiseer as geleenthede vir die afkondiging van algemene moratoria. Trouens, daar is diegene wat aanvoer dat die regsfiguur reeds sy buiging op die regstoneel maak in van die vroegste regstekste tans aan die oudheidkunde bekend.
-
Antieke reg : Hoofstuk 3
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp 16 –50 (2007)More LessVeral op gebied van die privaatreg is dit hier te lande noodwendig dat bykans enige regshistoriese ondersoek van 'n moderne regsinstelling sy beginpunt by die Romeinse reg moet hê. Die Romeinse reg as fondament van die Suid-Afrikaanse gemenereg, waarna gewoonlik verwys word as Romeins-Hollandse reg, kan, ten spyte van die invloed van die Engelse reg veral op gebied van die moderne handelsreg, nooit misken word nie. Selfs in ander vakgebiede is studies wat trag om Romeinsregtelike vertrekpunte na te speur nie ongewoon nie.
-
Romeinse reg : Hoofstuk 4
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp 51 –94 (2007)More LessSoos reeds beklemtoon, kan die belang van die Romeinse reg as uiteindelike fondament van die Suid-Afrikaanse gemenereg kwalik oor die hoof gesien word. Dit ten spyte van die invloed van die Engelse reg, veral op gebied van die moderne handelsreg. Selfs op hierdie gebied moet die invloed van die Romeinse reg as Vastelandse ius commune en as bousteen van die lex mercatoria nie onderskat word nie. Soos in talle ander gevalle, lei die paaie op gebied van moratorium ook na Rome, hoewel dit nie noodwendig daar eindig nie.
-
Romeins-Hollandse reg : Hoofstuk 5
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp 95 –145 (2007)More LessDie tydperk van die Republiek van die Verenigde Nederlande was nie slegs in alle opsigte die bloeitydperk van die Romeins-Hollandse reg en van die Nederlandse regswetenskap in die algemeen nie, maar dit was ook die periode van die hoogbloei van die Nederlandse handel.
-
Negentiende eeu : Hoofstuk 6
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp 146 –179 (2007)More LessDie kodifikasie van die Nederlandse reg aan die begin van die negentiende eeu simboliseer die eindpunt van die Romeins-Hollandse reg. Dit dui gewoonlik dan ook die logiese eindpunt aan van 'n relaas oor die ontwikkeling van eiesoortige Romeins-Hollandse regsfigure in Nederland.
-
Slot : Hoofstuk 7
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp 180 –182 (2007)More LessIn die taakstelling is ten doel gestel om die trefpunt te identifiseer waar die privilegia militum die eerste keer blywend die vorm aanneem van 'n moratorium in regstegniese sin. Dit veral aangesien dit blyk dat die identifisering van vroeëre regsfigure as moratoria nie die vuurproef van wetenskaplike ontleding kan deurstaan nie en merendeels veel eerder 'n algehele kwytskelding of aflating daarstel, as 'n blote skuld- of betalingstilstand of 'n prosesregtelike verademing.
-
Bibliografie
Author J.J. HenningSource: Transactions of the Centre for Business Law 2007, pp 183 –217 (2007)More LessBibliografie