1887

n Transactions of the Centre for Business Law - Inleiding : Hoofstuk 1

USD

 

Abstract

Die ingewikkelde en eng verweefde krediet-ekonomie van moderne kapitalistiese stelsels is gevestig op 'n fondament van publieke vertroue, waarvan 'n haalbare, standhoudende en ewewigtige sisteem van regsreëls ten aansien van veral die vermoënsregte van individue 'n onmisbare bindstof vorm.Word hierdie fondament egter geskud deur twyfel oor die ekonomiese gesondheid of standvastigheid van die struktuur, bly die positiewe werking van bindingspotensiaal van die regsreëls ook nie ongeaffekteer nie. Inteendeel, dit kan selfs as 'n wesenlike bron van swakheid en ametrie dien. Dit kan die struktuur so rigied saambind dat die gevaar van ineenstorting imminent en onafwendbaar is, tensy die sisteem aan 'n mate van verslapping onderwerp word. Die aanvaarding van 'n beginsel van elastisiteit of toeskietlikheid, wat in normale omstandighede die vrye vloei van krediet nadelig kan affekteer, word 'n noodsaaklikheid in krisistye. Vir talle eeue lank, moontlik selfs oor 'n tydperk van bykans twee millenia, het die Westerse beskawing van buitengewone deviese of billikheidsremedies gebruik gemaak om diegene tegemoet te kom wat as gevolg van omstandighede buite hul beheer nie in staat is om hul verpligtinge reëlmatig na te kom nie en om sodoende metdien 'n ineenstorting van die onderliggende kredietstruktuur van die volkshuishouding te besweer. Hierdie deviese of regsfigure staan generies bekend as , hoewel almal nie noodwendig streng regstegnies as sodanig te tipeer is nie.

Loading

Article metrics loading...

/content/medsor/2007/41/EJC74075
2007-01-01
2016-12-05
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error