1887

n Mousaion - Die skepping van die fiksionele wêreld in kinder- en jeugliteratuur deur middel van die kreatiewe gebruik van paratekstuele elemente

USD

 

Abstract

Kinderliteratuur word gekenmerk deur die gebruik van visuele elemente, en spel en eksperimentering met die parateks is inherent aan hierdie genre. Daar is egter nog min navorsing oor paratekstualiteit in kinderboeke onderneem. Die artikel fokus op die parateks in kinder- en jeugboeke en die moontlikhede wat dit aan die skrywer bied om die fiksionele wêreld te skep en te konkretiseer. Drie tekste wat verskillende tekstipes (prenteboek, storiebundel, jeugboek) verteenwoordig en op verskillende teikenlesers gemik is, word bespreek. In elk van die tekste het die betrokke skrywer, illustreerder of boekontwerper 'n bepaalde gedeelte van die parateks kreatief ontgin. Die skrywerillustreerder Emily Gravett brei die fiksionele wêreld van haar prenteboek onder meer uit deur die kreatiewe gebruik van die periteks wat primêr as uitgewersteks beskou word. In die jeugboek (Jaco Jacobs) word grafiese elemente in die teksgedeelte onlosmaaklik deel van die narratief. (Martie Preller) illustreer die gebruik van metafiksionele tegnieke in beide die peri- en epiteks om Balkie as fiksionele skrywer te vestig. Aangesien die kreatiewe spel met parateks die grense tussen die teks en die parateks laat vervaag, vereis dit 'n sterk konsep asook onderhandeling en die samewerking van al die partye (skrywer, illustreerder, boekontwerper en uitgewer) wat by die produksie van die boek betrokke is.

Loading

Article metrics loading...

/content/mousaion/27/si-1/EJC78976
2009-01-01
2016-12-08
This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error