
Full text loading...
Suksesvolle suiwelinligtingsdae vir kommersiële melkboere is aangebied te Cradock, Alexandria en Eersterivier (Tsitsikamma). Aspekte soos hittestres en melkgehalte, genetiese verbetering, koeispanning in en om die melkportaal, weidingsbestuur, voeding en dies meer, is aangespreek. Meer as 200 werkers het opleiding in melkhigiëne, melkwinning, diereversorging, hittewaarneming en stalroetine ontvang. Suksesvolle opleiding is ook in Qwaqwa aangebied en besoek is afgelê aan die koning in Moletsi.
Article metrics loading...