
Full text loading...
Melkproduksie gedurende die eerste agt maande van 2009 was 4,2% minder as gedurende die eerste agt maande van 2008. Gedurende Augustus 2009, is 213 miljoen liter melk produseer, 3,7% minder as in Junie 2008. Suiwelinvoere gedurende die eerste sewe maande van 2009 het 14 600 ton beloop, 56% minder as gedurende die ooreenstemmende tydperk in 2008. Suiweluitvoere gedurende die eerste sewe maande van 2009, was 13% meer as gedurende die ooreenstemmende tydperk in 2008. Produsentepryse in September 2009 was 6% hoër as gedurende September 2008. Internasionale produkpryse, met die uitsondering van kaas- en botterpryse, het sedert Januarie 2009 matig gestyg. (Saamgestel met finansiële ondersteuning van Melk SA).
Article metrics loading...