
Full text loading...
Die eerste skriftelike verwysing na bokke in die Suid-Afrikaanse geskiedenis, dateer terug tot die jaar 1661, net nege jaar nadat Jan van Riebeeck sy halfwegstasie hier in die Kaap kom vestig het. 'n Ekspedisie wat langs die Olifantsrivier gerus het, het 'n bok as geskenk van 'n Namakwa-prins ontvang. Volgens die beskrywing van die bok, het dit ooreengekom met die beskrywing van 'n Nubian of Egiptiese bok.
Article metrics loading...