1887

n Acta Academica - Serieuse selfstandige soeker : C M van den Heever (1902-1957)

Volume 35, Issue 2
  • ISSN : 0587-2405

Abstract

Die Afrikaanse skrywer en digter C.M. van den Heever was die eerste professor in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van die Witwatersrand. Gedurende die duur van sy aanstelling (1933-1957) het hy 'n belangrike rol in die ontwikkeling van die Afrikaanse kultuurlewe in Johannesburg en in die vertolking van gebeure en ontwikkelinge in die literatuur en in die kultuurpolitiek gespeel. Hy was 'n toegewyde ondersteuner van noue kultuurbande tussen Nederland, Vlaandere en die Afrikaanse wêreld. Hy was 'n sterk ondersteuner van generaal J.B.M. Hertzog se beleid van versoening tussen Afrikaans- en Engelssprekendes en 'n kritikus van die kultuurpolitiek van sommige leidende Suid-Afrikaners van sy tyd, Afrikaans- én Engelssprekend. Hy word oor die algemeen as die eerste Dertiger beskou, hoewel sy latere ontwikkeling nie tipies van die Dertigers is nie. In sommige van sy kultuurbeskouinge was hy 'n voorloper van N.P. van Wyk Louw, veral oor die rol van Afrikaanse intellektueles, oor die belangrikheid van kritiese denke en ten opsigte van sy pleidooie vir 'n liberale Afrikanernasionalisme.


The Afrikaans poet and author C.M. van den Heever was the first professor of Afrikaans and Dutch at the University of the Witwatersrand. During the term of his appointment (1933-1957) he played a key role in the development of Afrikaans cultural life in Johannesburg and in interpreting events and developments in the fields of literature and cultural politics. He was a dedicated supporter of close ties between the Dutch, Flemish and Afrikaans cultures. He strongly approved Prime Minister J.B.M. Hertzog's policy of reconciliation between Afrikaans- and English-speaking South Africans and criticised the cultural politics of many leading Afrikaans and English-speaking South Africans of his day. He is generally regarded as the first writer of the Thirties generation, although his work did not develop along the lines that later became typical of the Dertigers. In some ways he was a forerunner of N.P. van Wyk Louw's ideas on the role of Afrikaner intellectuals, the importance of critical thought and the need for a liberal Afrikaner nationalism.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/academ/35/2/EJC15269
2003-08-01
2019-11-17

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error