1887

n Agrekon - 'n Finansiële evaluasie van wisselbou in die Swartland : artikel

Volume 41, Issue 4
  • ISSN : 0303-1853
  • E-ISSN: 2078-0400
This article is unavailable for purchase outside of Africa

 

Abstract

Hierdie ondersoek fokus op die winsgewendheid van wisselboustelsels vir die Middel-Swartland omgewing. Wisselbou bied 'n moontlike alternatief vir die monokultuurverbouing van koring waarvan winsmarges sedert 1996 afgeneem het. Die voordeel wat wisselbou vir die produsent inhou is hoofsaaklik verhoogde opbrengste en insetbesparings ten opsigte van bemesting, insek-, plaag- en onkruidbeheer. Inligting is bekom deur gebruik te maak van die Delphi tegniek en groepbesprekings waarby 'n multi-dissiplinêre span van kundiges betrek is. Die interne opbrengskoers van kapitaal (IOK) is gebruik as finansiële maatstaf vir die meet van die winsgewendheid van die agt wisselboustelsels wat ondersoek is. Uit die agt verskillende stelsels wat ondersoek is, behoort 'n stelsel waar koring saam met medics en klawer weidings geproduseer word na verwagting die mees winsgewende te wees. Die winsgewendheid ondersoek van alternatiewe wisselboustelsels, asook die finansiële implikasies van die implementering daarvan in die praktiese boerdery situasie, is met behulp van tipiese plaasmodelle deurgevoer.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/agrekon/41/4/EJC18231
2002-12-01
2020-09-29

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error