1887

oa Agriprobe - Beraming van die voedingsbehoeftes van volstruis broeivoëls

Volume 2013 Number 3
  • ISSN : 1810-9799

 

Abstract

In 'n poging om die nutrient-behoeftes van volstruis broeivoëls te bepaal, is 'n aantal wetenskaplike studies uitgevoer. Produksie studies het getoon dat die meeste produksie eienskappe van volstruis broeivoëls onafhanklik (P > 0.05) was van 'n diëte met 'n reeks proteïen-vlakke (met spesifieke aminosuur profiel) wat gewissel het vanaf 7.5 tot 14% proteïen. Slegs eierproduksie het geneig om toe te neem (P=0.08) soos die proteïenvlak van die dieët verhoog is. Dieët energievlakke van 7.5 - 10.0 MJ ME/kg voer het ook geen invloed (P > 0.05) op produksie data gehad nie. Chemiese analise van eiers het bewys dat die nutrient inhoud van die eiers deur die loop van die seisoen statisties betekenisvol verander (P < 0.05) het. Verskeie proteïen- en energie diëte het geen invloed (P > 0.05) op frekwensie van eierlê (eiers/voël/maand) gehad nie. In die laaste studie is die reproduksie organe versamel om die groei tempo daarvan te bestudeer. Die helling van die linêre regressie toon dat die reproduksie organe daagliks teen 'n tempo van ongeveer 28 g per dag gedurende die eerste 49 dae van die broeiseisoen groei. Hierdie data word tans gebruik word in 'n optimiserings model (Brand & Gous, 2006) om die voedingsbehoeftes van volstruis broeivoëls te voorspel. Uit die produksie studies blyk dit dat 'n dieët ruproteïeninhoud van tussen 9-10% (met 'n spesifieke aminosuurprofiel) en energie inname-vlak van 25.5 MJ ME/voël/dag produksie sal optimeer. Addisionele proteïene/aminosure word benodig tydens die eerste sewe weke van die broeiseisoen om die groei van die reproduksie organe te ondersteun.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/agriprob/3/21/EJC151851
2013-03-01
2020-09-27

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error