1887

oa Agriprobe - Voedingswaarde en prys van heel en ontdopte lupiensaad

Volume 4, Issue 4
  • ISSN : 1810-9799

 

Abstract

Lupiene is 'n belangrike wisselbougewas in die graanproduserende dele van die Wes-Kaap en ongeveer 75 000 ha lupiene word jaarliks verbou. Lupiene het egter sekere beperkinge vir gebruik in diëte van enkelmaagdiere, hoofsaaklik weens 'n hoë ruveselfraksie. Verder het sekere kultivars onaanvaarbare hoë vlakke van alkaloïdes wat toksies kan wees vir byvoorbeeld varke. Ander faktore wat genoem word wat die benutting van lupiene deur enkelmaagdiere mag benadeel, is galaktosiedes, hoë vlakke van mangaan, hoë vlakke van nie-stysel polisaggarides en lae vlakke van lisien, swawelbevattende aminosure en triptofaan. Weens die tekortkominge van lupiene as proteenbron word dit gewoonlik teen beperkte vlakke in die diëte van, byvoorbeeld groeiende varke, gebruik. Normaalweg word insluitingsvlakke van tussen 10 en 20% alkaloedvry lupiene vir groeiende varke aanbeveel. Die insluiting van hoë vlakke van lupiensaad in diëte van enkelmaagdiere gaan egter gewoonlik gepaard met 'n afname in inname, groei en voeromset.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/agriprob/4/4/AJA18109799_241
2007-12-01
2020-09-20

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error