oa Agriprobe - Die produksie van koolgewasse
Abstract
Koolgewasse lewer 'n belangrike bydrae tot die totale groentemandjie wat in Suid Afrika geproduseer word. Indien blomkool en kopkool alleen in ag geneem word was die waarde en totale lewering slegs op die varsproduktemarkte in Suid Afrika in 2004 onderskeidelik R 99.6 Miljoen en 158 500 ton (Abstract of Agricultural Statistics,2006, NDA). Koolgewasse word nie slegs as groentegewas verbou nie, maar dit word ook verbou as bron van groentesaad. Voorbeelde hiervan is die produksie van brokkoli- en blomkoolsaad wat teen die weskus verbou word vir 'n internasionale saadmaatskappy. F1 bastersaad word oor die algemeen geproduseer (Kersop, Lutzville, 2006).
© Publisher

Article metrics loading...
/content/agriprob/5/4/EJC18907
2008-12-01
2021-01-19