1887

oa Agriprobe - Die invloed van kunsmatige beligting van voerbakke op die gedrag, inname en groei van dagoud volstruiskuikens ()

Volume 6, Issue 3
  • ISSN : 1810-9799

 

Abstract

Die invloed wat direkte kunsmatige hoë intensiteit beligting van voerbakke op die gedrag, inname en groei van volstruiskuikens het, is ondersoek. In die eerste studie is dagoud volstruiskuikens (n=110) volgens gewig en geslag ewekansig in 10 groepe van 11 verdeel in 'n omgewingsbeheerde kuikenhuis op die Kromme Rhee Navorsingsplaas naby Stellenbosch. 'n Vooraanvangsdieët is aan al die kuikens vanaf dagoud tot 30 dae ouderdom voorsien. Kunsmatige lig van hoë intensiteit (600 lux) is op vyf groepe se voerbakke gerig, terwyl die ander vyf groepe geen ekstra lig op voerbakke gekry het nie. Die hele gebou is toegerus met standaard fluoresentligte. Die proef is vanaf dagoud tot 1-maand ouderdom uitgevoer. Voer en water is voorsien. Volstruiskuikens en voer is weekliks geweeg om voeriname en groei bepaal.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/agriprob/6/3/EJC18954
2009-12-01
2019-10-24

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error