1887

oa Agriprobe - Die invloed van die teenwoordigheid van 'n broeipaar op die gedrag en oorlewing van dagoud volstruiskuikens ()

Volume 7, Issue 1
  • ISSN : 1810-9799

 

Abstract

Die invloed wat die teenwoordigheid van 'n volwasse broeipaar op die gedrag en oorlewing van volstruiskuikens het, is ondersoek. Dagoud kuikens (n=180) is ewekansig in 8 groepe ingedeel. Vier van die groepe is saam met 'n volwasse volstruisbroeipaar elk, in lusernkampies grootgemaak. Die ander 4 groepe is sonder broeipare grootgemaak. Die proef is vanaf dagoud tot op 10 weke ouderdom uitgevoer. Mortaliteit is vir die 10 weke periode aangeteken. Nadoodse ondersoeke is uitgevoer en oorsake van mortaliteit is aangeteken. Gedragstudies is daagliks vir die eerste week van elke behandeling uitgevoer. Data is statisties deur meervoudige analise van variansie ontleed. Oorlewing (81.5 vs 49.6 ± 3.2%) was hoër (P ≤ 0.01) vir kuikens in die groepe wat saam met 'n broeipaar grootgemaak is. Gedragstudiedata het geen betekenisvolle verskille tussen behandelings vir die verskillende gedragsaktiwitiete getoon nie. Die volgende aktiwitiete as persentasie kuikens per groep naamlik : stap (26.7 vs 24.6 ± 1.8%), vreet (0.1 vs 0.9 ± 0.3%) drink (0.9 vs 0.3 ± 0.3%), pik na ander (8.0 vs 5.3 ± 1.1%) en pik na mekaar (0.0 vs 0.1 ± 0.1%) vir onderskeidelik kuikens wat saam met 'n broeipaar grootgemaak is, teenoor kuikens wat in afwesigheid van broeipare grootgemaak is, is aangeteken. Vir kuikens wat deur 'n broeipaar grootgemaak is, was die persentasie kuikens wat na lusern gepik (28.6 vs 9.3 ± 1.6%) en die wat hulself met hul snawels glad stryk (1.0 vs 0.1 ± 0.3%), hoër (P ≤ 0.05) as by kuikens wat in afwesigheid van 'n broeipaar grootgemaak is. Vir kuikens wat in die afwesigheid van 'n broeipaar grootgemaak is, was die presentasie kuikens wat gesit (56.3 vs 33.1 ± 2.9%) en na grond gepik het (3.1 vs 1.6± 0.5%) betekenisvol hoër (P ≤ 0.05) as by kuikens wat in die teenwoordigheid van 'n broeipaar grootgemaak is.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/agriprob/7/1/EJC18970
2010-03-01
2019-10-21

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error