1887

oa Agriprobe - Ontwikkeling van stikstofbestuurs strategeë op weimengsels in die Wynland sub-streek van die Wes-Kaap

Volume 8, Issue 1
  • ISSN : 1810-9799

 

Abstract

Stikstof is ongetwyfeld een van die belangrikste plantvoedingselemente wat die droëmateriaalproduksie en kwaliteit van grasgebaseerde weidings bepaal, maar dit is ook geweldig duur en verteenwoordig gewoonlik meer as 50% van die totale produksiekoste van weidings onder besproeiing. Die aanwending van tussen 300 en 400 kg N ha-1jaar-1 behels die toediening van tussen 1050 en 1500kg KAN wat 'n koste implikasie van tussen R4000 en R5700 ha-1 tot gevolg het. Ondoeltreffende stikstofbestuur is dus nie net onekonomies nie, maar oormatige toediening kan ook tot die besoedeling van natuurlike hulpbronne lei. Huidiglik word daar baie klem gelê op die volhoubaarheid van boerderystelsels en dit raak al hoe belangriker om boerderypraktyke aan te pas sodat die omgewing nie nadelig beïnvloed word nie. Loging van grondstikstof is 'n groot probleem en 'n groot bedreiging vir riviere en ondergrondse waterbronne. Besproeide weidings is gewoonlik naby aan riviere geleë en besoedeling van hierdie belangrike hulpbron kan 'n geweldige nadelige impak op die omgewing uitoefen. Dit is dus noodsaaklik dat stikstofbemesting so doeltreffend moonlik aangewend word om verliese te beperk en winsgewendheid te verhoog.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/agriprob/8/1/EJC19032
2011-03-01
2020-10-01

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error