1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Verandering en vernuwing in geskiedbeskouing. 'n Gesprek oor die ervaring van twee tydgenote, Henning van Aswegen en Pieter Kapp, Grietjie Verhoef : book review

Volume 47, Issue 2
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

word aangebied in die formaat van 'n gesprek, deur middel van briefwisseling, tussen twee prominente Afrikaanse historici, Pieter Kapp en Henning van Aswegen. Die gesprek het in die eerste helfte van 2002 plaasgevind en die doel daarvan was, volgens een van die gespreksgenote, om "ons persoonlike belewenisse van die historiese terrein in Suid-Afrika in ons tyd" weer te gee (p.5). Hierdie "persoonlike belewenisse" is ryk en stimulerend omdat beide betekenisvolle bydraes tot die geskiedeniswetenskap in verskillende hoedanighede gelewer het, ervarings aan verskeie Afrikaanse universiteite opgedoen het en hulle herinneringe op 'n eerlike en openhartige wyse verwoord - soms selfs herinneringe op 'n persoonlike vlak wat nog nie tevore algemene kennis was nie. Albei het in die laat jare vyftig en vroeë jare sestig aan die Universiteit van Stellenbosch studeer. Henning was daarna vir twee jaar (1962-1963) 'n tydelikdeeltydse dosent aan die Departement Geskiedenis by Stellenbosch voordat hy betrekkings aan die Universiteit van die Oranje-Vrystaat (1964-1974) en die Randse Afrikaanse Universiteit (1974-2001?) aanvaar het. Pieter was, na die verwerwing van sy BA Honneursgraad in 1959 eers onderwyser (1962-1966) voordat hy by die ATKV (1966-1967) gaan werk en 'n lektoraat aan die Universiteit van Port Elizabeth (1967-1971) aanvaar het. Daarna was hy aan RAU (1972-1985) verbonde voordat hy na Stellenbosch teruggekeer het (1986-2000).

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/47/2/EJC20024
2007-06-01
2019-10-18

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error