1887

n Tydskrif vir Geesteswetenskappe - Keerpunte in die Geskiedenis, Bill Nasson (Red.) : book review

Volume 47, Issue 3
  • ISSN : 0041-4751

Abstract

Op Vrydagaand 23 Maart 2007 is die Afrikaanse weergawe van die nuwe gidsreeks - - vir die onderrig van Geskiedenis in die hoërskool bekend gestel. By die bekendstelling het die adjunkminister van onderwys, Enver Surty, dit geloof as 'n eerlike, verantwoordelike en opregte poging om 'n gebalanseerde weergawe van die Suid-Afrikaanse geskiedenis aan te bied. Dit moet ons help "na die aanneming en aanvaarding van ons gedeelde identiteit" want dan sal "die stereotipe opvatting van kultuur en identiteit van die ander begin wegval". Die Afrikaanse rubriekskrywer Martie Meiring het dit verwelkom omdat dit "so 'n ander soort geskiedenis" is, dit onbekende verhale bevat en "en baie lesers ouer as leerders 'n boel nuwe insigte gee". Interessant genoeg het die opvoedkundige en historikus prof. Richard van der Ross net een bladsy verder in dieselfde koerant met verwysing na 'n artikel van prof. Hein Willemse oor roerende stories oor die verlede dit nodig gevind om te waarsku teen die romantisering van die verlede na aanleiding van al die tranetrekkende stories wat oor die slawe en die stamvaders van die Khoi geskryf word.

Loading full text...

Full text loading...

Loading

Article metrics loading...

/content/akgees/47/3/EJC20042
2007-09-01
2019-12-10

This is a required field
Please enter a valid email address
Approval was a Success
Invalid data
An Error Occurred
Approval was partially successful, following selected items could not be processed due to error